Net die derde beste tyd in die semi-finale – maar weer, soos in die uitdunne, was Wayde van Niekerk se 44.22 s in die 400 m niksseggend met al drie die wenners wat hul energie gespaar en oor die wenstreep gedraf het.
Lees meerAlles vir Sondag 6 Augustus 2017
Eerste kolfbeurt spook nou éérs by die Proteas
Selfs sonder Moeen Ali se aanslag om die ietwat wankelrige tweede kolfbeurt van Engeland in die vierde kriekettoets op Old Trafford te red, sou dit baie moeilik vir die Proteas wees om die reeks te deel.
Gratis regshulp vir ANC-LP’s wat teen Zuma stem
“Baie van julle en jul families is afhanklik van jul parlementêre salaris vir jul lewensbestaan. Sou julle uit die parlement herroep word, hou dit ernstige gevolge vir julle in.”
Twee vas ná Groblersdal-plaasaanval
Twee verdagtes is Sondag in hegtenis geneem nadat ʼn boer tydens ʼn aanval op ʼn plaas in die Groblersdal-gebied in Limpopo dood is.
Polisie gereed vir optogte teen Zuma
Volgens die polisie is ʼn bedryfsplan saamgestel in afwagting op die “skare mense wat in hierdie twee dae op Kaapstad se sakesentrum gaan toesak”.
Limpopo-boer sterf ná plaasaanval
Enkele ure nadat aanvallers op ʼn plaas buite Tzaneen in Limpopo toegeslaan het, is nog ʼn egpaar op ʼn plaas in die Groblersdal-gebied aangeval.
‘Veediewe’ vas danksy GPF-lid
Twee vermeende veediewe is Sondagoggend danksy ʼn oplettende lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) naby Phokeng in Noordwes vasgetrek.
Ses aanvallers slaan toe op Limpopo-plaas
ʼn Vrou wat die eienaar van die plaas is en die plaasbestuurder het saam ontbyt geëet toe hulle deur die aanvallers oorval is.
KFC-‘aanranding’: Drie borgtog geweier
Die polisie het bevestig dat van die beskuldigdes nog aanklagte van aanranding teen hulle hangend het.
Vrou kritiek ná aanval op kleinhoewe
Die polisie is Saterdagaand na die kleinhoewe ontbied en het die vrou aangetref waar sy in ʼn plas bloed gelê het.
FAK vereer Herholdt en Bierman
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het Vrydag eretoekennings aan die bekende Afrikaanse sangeres Sonja Herholdt en die Afrikaanse komponis en musiekbeoordelaar, Bennie Bierman, gegee vir hul bydrae tot Afrikaanse musiek.
Passasier gooi glo taxibestuurder met chemikalieë
ʼn Taxibestuurder van ʼn private taximaatskappy het ernstige chemiese brandwonde opgedoen nadat ʼn passasier glo ʼn chemiese vloeistof oor hom gegooi het.
‘Dronkbestuurder’ beweer hy het verkoue
ʼn Motoris wat die afgelope naweek betrap is dat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur, het beamptes van die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD) probeer oortuig dat hy medisyne vir verkoue gedrink het en dat dit is waarom hy dronk voorkom.
Tiener sterf in botsing
ʼn Tienermeisie is dood en ʼn vrou ernstig beseer tydens ʼn botsing Saterdagaand op die N1-Noord in Pretoria.
Dodetal styg ná skietgeveg tussen ‘rowers’ en polisie
Die oorlewende verdagte sal aangekla word van poging tot moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en die besit van gesteelde goedere.
Polisie ontken topbeampte is ‘in hegtenis geneem’
“Die fopnuus en verspreiding van fopnuus wat ons deesdae al meer sien, veroorsaak nie net paniek in ons gemeenskappe nie, maar mors ook die polisie se tyd en hulpbronne.”
‘Omstrede’ twee dien in Kwagga se verhoor
Twee van die beamptes wat in die omstrede tugprosedure van die All Black Sonny Bill Williams betrokke was, dien in die tugkomitee wat Kwagga Smith se saak Maandag aanhoor.
SAKP: ‘Zuma moet bedank of herroep word’
“Die SAKP is oorval met oproepe van die media rakende die mosie van wantroue teen pres. Zuma.”
Springbokspan: Allister trek die Lions se tande
Dalk is ʼn mens eenogig, of dalk is dit omdat die Crusaders die Lions in die eindstryd van die Superrugbyreeks op Ellispark geklop het, maar van die keuses van die Bokafrigter, Allister Coetzee, vir sy Springbokgroep maak mos nie sin nie.
Drie sterf toe motor boom tref
Drie mense is dood en nog een beseer nadat ʼn motor Saterdagaand buite Hartbeesfontein in Noordwes teen ʼn boom gebots het.