Hy verkwalik rugby geensins vir die feit dat hy motorneuronsiekte (MNS) opgedoen het nie.
Lees meerAlles vir Dinsdag 29 Augustus 2017
Belastingbetalers moet dié week nog buitelandse bates verklaar
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag gerugte verwerp dat daar uitstel gegun is in die spesiale vrywillige openbaarmakingsprogram (SVDP) en hulle het gesê die sperdatum is om die draai.
Mynsterftes 2017: Rede tot kommer
Die vakbond Solidariteit het vandag sy meegevoel oorgedra aan die families van die mynwerkers wat die afgelope naweek betrokke was in die tragiese mynongeluk by Kusasalethu.
Mogale City skuld Eskom R167 miljoen
Die nuwe ANC-stadsraad van Mogale City steur hom min sy aan finansiële verpligtinge en nog minder aan die inwoners van die dorp, sê Tjaart Steenkamp, VF Plus raadslid in Mogale City.
Slegte nuus vir motoriste
Motoriste moet hulself gereedmaak vir ʼn petrolskok in September.
Soektog duur voort na vasgekeerde mynwerkers
Harmony Gold het Dinsdag gesê reddingspanne werk steeds onverpoosd voort om die twee vasgekeerde mynwerkers by sy Kusasalethu-myn in Carletonville na die oppervlak te bring.
Kampsbaai-moord: ‘Geen dwelmmiddels’ in Alban se liggaam
ʼn Toksikoloog het Dinsdag aan die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê geen dwelmmiddels is in die liggaam van die vermoorde Amerikaner Gabriela Kabrins Alban se liggaam gevind nie.
ToekomsVenster: Die oorgelewerde gebruik van die voorgeslagte
Raak tog weer halsoorkop verlief op Jesus!
Vrou vas wat ouetehuis uit halfmiljoen rand swendel
Die verdagte het glo tussen 2007 en 2008 as ʼn administratiewe bestuurder by ʼn ouetehuis in Uniondale in die Wes-Kaap gewerk.
Ventersdorp-inwoners betoog oor elektrisiteit
“Daar is geen dienslewering in Ventersdorp nie. Ongeag of jy betaal of nie, hulle sny die krag af,” het ʼn plaaslike sakeman gesê. Plaaslike boere het gesê hulle word ewe nadelig geraak deur die betalingsbeleid.
Vrou vas wat ouetehuis uit halfmiljoen rand swendel
Die verdagte het glo tussen 2007 en 2008 as ʼn administratiewe bestuurder by ʼn aftree-oord in Uniondale in die Wes-kaap gewerk.
[Video] Sewejarige wonderwerkie het gehoor gaande
Die sewejarige Abigael Beckmann het die gehoor Sondag gaande gehad toe sy aan ʼn baie spesiale “encore” deelgeneem het by die Capital Singers se vertoning in die Staatsteater in Pretoria.
[Foto’s] Hond met eie kospakkie in Texas-storm verower harte
“Dit was asof hy doelgerig op ʼn missie êrens heen loop – ek het gedink dis ongelooflik oulik.”
Vyf vas ná reeks plaasaanvalle in Tzaneen-gebied
“Die feit dat die polisie praat van ʼn sindikaat beteken dat plaasaanvalle ʼn georganiseerde misdaad is en nie net ‘gewone misdaad’ soos die polisie meestal wil beweer nie.”
Nuwe huiseienaars nie aanspreeklik vir vorige skuld
Die konstitusionele hof het Dinsdag beslis dat historiese munisipale skuld op ʼn eiendom nie na nuwe huiseienaars oorgedra kan word nie.
Die wêreld in foto’s – 29 Augustus 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Joost-boek van rakke onttrek ná omstredenheid
In die skadu van ʼn legende – ʼn Huldeblyk aan Joost van der Westhuizen gee ʼn persoonlike blik op die verhouding tussen die broers Pieter en Joost en beloof om ʼn “knop in die keel” te bring wanneer die lesers bewus word van die besonderse vriendskap tussen die broers en Joost se stryd met motorneuronsiekte.
Hengelaar kom op lyk in plaasdam af
“Bewyse wat op die toneel gevind is dui daarop dat sy wreed vermoor is.”
Gratis velkankerondersoeke aangebied
Die Velkankerstigting van Suid-Afrika bied vanjaar op Lentedag, 1 September, landswyd gratis dienste aan om gevaarlike velkanker te identifiseer.
Bejaarde talle kere tydens huisroof gesteek
ʼn Familielid het aan Maroela Media gesê een van die aanvallers het in Haremse se bed gelê en televisie kyk terwyl sy bloeiend in die motorhuis gelê het.