Boland het ses veranderings aan sy opdrafspan aangebring wat teen die Luiperds verloor het vir Saterdag se wedstryd in Oos-Londen teen die Grens.
Lees meerAlles vir Donderdag 7 September 2017
WP verander vyf vir wedstryd teen Cheetahs
Die Westelike Provinsie het vyf veranderings aangebring in sy opdrafspan wat Saterdag op Nuweland teen die Vrystaatse Cheetahs speel.
Sharks torring nie veel aan opdrafspan
Die Sharks het nie veel aan hul opdrafspan vir Vrydag se Curriebeterwedstryd teen die Pumas in Nelspruit getorring nie.
Cheetahs verander net twee ná slagting
Die Cheetahs het net twee veranderinge aangebring aan die span wat met 15-45 teen die Sharks verloor het vir Saterdag se Curriebekerbotsing teen die Westelike Provinsie op Nuweland in Kaapstad.
#FeesMustFall: Dlamini-saak weer uitgestel
Die saak teen die studenteleier Mcebo Dlamini, waar hy tereg staan op aanklag van openbare geweld, aanranding, diefstal, opsetlike saakbeskadiging en dat hy ʼn hofbevel verontagsaam het, is Donderdag weer uitgestel in die Johannesburgse landdroshof.
[Video] ‘Openlike geweld’ deur veiligheidswagte ondersoek
Die ANC in die Ethekwini-streek het gesê hy neem met kommer kennis van berigte dat daar ʼn video die ronde doen van sy streeksekretaris Bheki Ntuli se lyfwagte wat gewere rondswaai en gewelddadige uitlatings maak.
GB: Tygerberg gaan nie met hom laat mors
Sy fondament is stewig gelê en die promotorskeuse, Tygerberg, is nie van plan om in die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale klubreeks om die Goue Beker (GB) met hom te laat mors nie.
Een van sewesrugby se grootstes hang sy stewels op
Die mees ervare speler in Wêreldrugby se sewesgeskiedenis, DJ Forbes, het na 11 jaar se sewesrugby op internasionale vlak besluit om sy stewels op te hang.
Amplats-werker sterf ná voorval by raffinadery
ʼn Werknemer van Anglo American Platinum (Amplats) is dood nadat hy chemiese brandwonde opgedoen het tydens ʼn ongeluk by die maatskappy se raffinadery vir edelmetale in Rustenburg.
Modimolle-tiener in die hof oor skolier se moord
ʼn 19-jarige het Donderdag in die Modimolle-landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn medeskolier vermoor het.
ANC ontstoke oor takleier se ‘sluipmoord’
Die ANC in Nelson Mandelabaai het sy skok uitgespreek oor die beweerde sluipmoord van die takleier Mandisi Thando Xakaxa, van Zwide.
Doodskis-video: Twee bekommerd oor vonnisverrigtinge
ʼn Prokureur wat Theo Martins Jackson en Willem Oosthuyzen verteenwoordig, die twee mans wat die plaaswerker Victor Mlotshwa aangerand voor hulle hom in ʼn doodskis ingedwing het, het Donderdag gesê sy kliënte is besorg oor die vonnisverrigtinge wat binnekort plaasvind.
ToekomsVenster: Jesus genees ʼn blinde man in Betsaida
ʼn Mens kan fisiek blind wees, sterf, maar behoue wees. In die hemel is daar geen fisieke belemmering nie. Wie geestelik blind sterf, is egter verlore en dit is ver van God se bedoeling dat alle mense gered sal word en kennis van die ewige lewe sal bekom.
Orkaan Irma: Talle sterf reeds, storm woed voort
Minstens tien mense van die Karibiese eilande is dood nadat orkaan Irma – een van die grootste storms in die Atlantiese Oseaan in meer as ʼn eeu – Woensdag verwoesting begin saai het.
Shoprite: ‘Net nege klante geraak deur roekelose krediet’
Die Shoprite-groep het Woensdag in ʼn kort verklaring gesê hulle bevestig die Nasionale Verbruikerstribunaal se bevinding dat die groep roekeloos krediet uitgeleen het, maar dat dit net “nege uit duisende klante” geraak het.
ANC sal Mashaba na etiekkomitee verwys
Die ANC in Johannesburg het Herman Mashaba, uitvoerende burgemeester, daarvan beskuldig dat hy raadsreëls oortree omdat hy aan die publiek bekend gemaak het dat die party ʼn mosie van wantroue teen hom ingedien het.
Pretoria se finansies nie meer in die rooi nie
Volgens Msimanga het die Jakarandastad se benarde finansiële posisie reeds met rasse skrede verbeter.
Twee mense op kampus deur honde aangeval
ʼn Man en ʼn vrou moes Donderdag na hospitale toe geneem word nadat hulle op ʼn universiteitskampus deur honde aangeval is.
Tuin van digters-fees in Wellington gehou
Haal uit die digwoorde, gryp die digbundels en koop jou kaartjie: dit is tyd vir die sesde Tuin van Digters-fees op 15 en 16 September 2017 by die Breytenbach Sentrum in Wellington.
Behoeftige brakkies het jou hulp nodig
“Daar is talle organisasies wat hulle beywer vir die beskerming van kinders en mense, maar min organisasies wat werklik na diere omsien.”