Malusi Gigaba, die minister van finansies, het Maandag Suid-Afrikaanse belastingpraktisyns versoek om die regering te help om korrupsie en geldwassery te bekamp wat belastingbetalers ontneem van hul voordele.
Lees meerAlles vir Maandag 11 September 2017
[Foto’s] Irma verloor orkaanstatus, saai steeds verwoesting
Orkaan Irma het Maandag verswak tot ʼn gevaarlike tropiese storm en vloede veroorsaak in Florida se noordoostelike hoek.
Kragonderbreking duur voort in Johannesburg
Johannesburg se City Power het gesê kragtoevoer sal na verwagting teen laat Maandagaand of Dinsdagoggend herstel word nadat honderde ondernemings en duisende klante al meer as ʼn week lank sonder elektrisiteit moet klaarkom.
Moordbeskuldige maak amok by PE-hof
ʼn Zimbabwiër wat daarvan beskuldig word dat hy sy eksmeisie se kêrel in ʼn woedebui vermoor het, het Maandag geweier om ʼn voertuig van die korrektiewe dienste te verlaat wat hom na die Port Elizabethse hooggeregshof vervoer het.
BLF wil hê FNB4 moet weer aangestel word
Andile Mngxitama se Black First Land First (BLF)-beweging het Maandag na die hoofkantoor van FNB opgeruk in ʼn poging om die bank oor te haal om weer vier werknemers aan te stel wat afgedank is nadat hulle politiek op hul werk se sosialemediakanale en in professionele e-posse bespreek het.
Bloedspatsel-analise aangehoor in Van Breda-verhoor
Die grys kortbroek wat die moordbeskuldigde Henri van Breda die aand gedra het toe sy ma, pa en broer vermoor is, het altesaam 67 bloedspatselvlekke daarop gehad.
ToekomsVenster: Om Jesus te volg
Maak vandag ʼn keuse vir die lewe.
Saru se Goue Beker-keuses lyk geregverdig
Die vroeë aanduiding is dat albei die SA Rugbyunie se promotorskeuses vir vanjaar se internasionale Goue Bekertoernooi geregverdig is.
Kabinetskommeling dalk op pad
“Ironies genoeg is daar vir my ʼn parallel tussen Zuma se planne om Dlamini-Zuma as presidentskandidaat te vestig en oudpres. Thabo Mbeki se soortgelyke pogings destyds met die aanstelling van Phumzile Mlambo-Ngcuka as sy adjunk.”
Mugabe sê model het haar met mes aangeval
“By haar aankoms het me. Engels, wat dronk en versteurd was, dr. Grace Mugabe met ʼn mes aangeval nadat sy gevra is om die hotel te verlaat.”
Solidariteit-lede: Dié app kan jou lewe verryk
“Met hierdie app sit ons die mag terug in die lede se hande en dit beloof om ʼn veeleisende taak soos lidmaatskap-administrasie baie makliker en toegankliker te maak.”
[Foto’s] Padtoets: Mazda slaan die spyker op die kop
Die Mazda 2 is een van die min kompakte luikrugmotors wat regtig ten volle toegerus is. Die hoë spesifikasievlak en goeie bougehalte bied en kompleet, perfekte pakket. Indien jy baie ry is die diensplan ook ongeëwenaar, skryf Brendon Staniforth.
Egpaar keer nié na kleinhoewe terug ná aanval
“Ek het nou al ʼn keer of wat gehoor hy kan dalk in sy drome nog by die aanvallers wees en daarom nog onrustig wees, maar niemand weet regtig nie.”
Foto van hoërskoolseuns gee hoop vir SA
“Ek het net gesê ek is trots op hom en toe het ons gisteraand eers agtergekom wat hy gedoen het, het mense aangeraak.”
Boesemvriende sterf saam in ongeluk
“Daai twee was soos ‘steel bond’ en ‘superglue’, jy kon hulle nie uitmekaar kry nie.”
Luister: ‘Vaselinetjie’ die fliek – ‘n verhaal van seer en hoop
“Die dag wat ek oor hierdie kwessie vrede gekry het, was toe ek die fliek vir Anoeschka gewys het in my sitkamer.”
Steve Hofmeyr nog lánk nie klaar met musiek
“Ek word pal geïnspireer deur mense, idees en seëninge,” vertel Steve Hofmeyr.
Verskeie 9/11-herdenkingsgeleenthede gehou
“[9/11] het basies vir alle fasette van die regering ʼn uitkomkans gebied.”
Baatjies vas vir moord op vrou
Lede van die gemeenskap het glo aan die polisie gesê dat die man verbind kan word met die spoorlose verdwyning van sy vrou.
AfriForum stig teenrassisme-eenheid
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Maandag in een van sy mees omvangryke stappe nog om dubbele standaarde rakende die hantering van rassisme in die land hok te slaan ʼn nuwe eenheid bekendgestel wat rassisme en haatspraak sal vasvat.