Was Vrydagaand die ommekeer vir Suid-Afrika se spanne in die Pro14-reeks?
Lees meerAlles vir Vrydag 22 September 2017
Curriebeker: Vrystaat Cheetahs staan weer sterk ná sege
Om die Westelike Provinsie te klop, is een ding; om dieselfde met die Vrystaat Cheetahs reg te kry, is ʼn ander saak.
Dít is SA se twee gesogste strate
Die Seeff-eiendomsgroep het Vrydag gesê daar is verskeie aspekte wat die aanvraag en prys van luukse Suid-Afrikaanse eiendomme beïnvloed, maar daar is twee strate wat met die louere wegstap as dié met die gesogste eiendomme in die land.
18-jarige aangekla ná moltrein-ontploffing
’n 18-jarige man is Vrydag aangekla in verband met die terreuraanval in ’n Londense moltrein verlede week.
Man glo op plaas geskiet: ‘Staat het sterk saak’
Die staat voer aan Matthew Benson het Tebogo Ndlovu op 2 Augustus geskiet terwyl Ndlovu glo saam met twee ander mans skrootmetaal op die plaas gesteel het.
Gru-ongeluk op N1: Polisie op soek na ooggetuies
ʼn Vragmotorbestuurder het Woensdagoggend na bewering beheer oor die voertuig verloor wat veroorsaak het dat die vragmotor en vraghouer agterop bo-op ʼn motor geval het.
Moontlike gewapende roof gefnuik
“ʼn Rewolwer waarvan die reeksnommer afgevyl is, handskoene, kabelbinders, messe, balaklawas en ʼn polisie-aanstellingsertifikaat is in die voertuig gevind.”
Man vas ná oudskoolhoof se moord
Die polisie wou nie berigte dat die man wat in hegtenis geneem is as ʼn intern by ʼn bekende eiendomsmaatskappy werk bevestig nie.
ToekomsVenster: Sout en vrede
Hoe plaas hierdie gedeelte jou begrip van ʼn lewe saam met Jesus in perspektief?
SA man vas in Kambodja
Chan Blignaut (26) is voorgekeer nadat hy op die Phnom Penh-lughawe aangekom het.
GB-reeks: vir 16 was wen lank laas só belangrik
Daar kom ʼn dag vir elke rugbyspan dat ʼn uitslag sy vooruitsig in ʼn liga maak of breek, en Saterdag is dáárdie dag vir al 16 klubs wat in die reeks om die Goue Beker in aksie is.
BLSA skors KPMG as lid
“Ons moet die voorbeeld stel en dit begin by ons lede.”
Luister: Hykie Berg: ‘My storie van hoop’
Hykie Berg was op die kruin van sy loopbaan en agt jaar skoon van sy dwelmverslawing toe hy weer die pad byster raak. Tot hy een oggend met ʼn naald in sy hart wakker geword het en besluit het hy moet sy lewe weer reg ruk. In sy boek, My storie van hoop, vertel hy openhartig sy verhaal van hoe hy die dwelmduiwel verslaan het – en gee ook raad aan ander hoe om die stukke weer op te tel.
Waarskuwing aan strandgangers
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het strandgangers gewaarsku om versigtig te wees, veral tydens die nuwemaan-springgety wat oor die naweek sal voortduur.
Afrikaanse papegaai doen aanlyninkopies
ʼn Afrikaanse gesin wat in Londen woon se papegaai het onlangs vir heelwat pret gesorg.
Tekenprent: JacarandaFM in omstredenheid gedompel
Die tekenprentkunstenaar Jerm gee sy interpretasie rakende die storm wat om die JacarandaFM-aanbieder Tumi Morake se kop losgebars het na uitlatings wat sy oor wit mense gemaak het.
Kaapstad-hoofroete dán tydelik gesluit
Die Stad Kaapstad het motoriste Vrydag gewaarsku dat een van dié stad se hoofstrate eersdaags tydelik gesluit gaan word.
Solidariteit, JacarandaFM vergader: ‘Moeilike maar konstruktiewe gesprek’
ʼn Afvaardiging van die vakbond Solidariteit, die JacarandaFM-omroepers Tumi Morake en Martin Bester en verteenwoordigers van dié stasie het ʼn vergadering gehou aangaande die memorandum wat die vakbond aan die stasie oorhandig het.
2 dood, 8 beseer toe bakkie rol
Twee mense is Vrydagoggend dood en agt ander beseer toe ʼn motor naby Sasolburg in die Vrystaat van die pad gerol en ʼn kragtoring getref het.
Curriebeker se Eerste Liga ryp vir verrassings
Die Curriebeker- Eerste Liga is Saterdag ryp vir verrassings met oorgerustheid tussen die gunstelinge wat die buiteperde kan begunstig.