In die legende het Sint Joris die draak oorwin; Saterdag in Harare het Quins-Bobbies-rugby (QBR) met die Drake, St Joris inkluis, afgereken.
Lees meerAlles vir Sondag 24 September 2017
Nóg ʼn verdagte vas na oudskoolhoof se moord
Die egpaar is Woensdag deur vier verdagtes in hul huis oorval en verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek. Die verdagtes het die huis, wat te koop is, binnegekom onder die voorwendsel dat hulle na die huis wou kyk.
Wêreldbekertoernooi: bod-voorleggings Maandag aangehoor
Een uit vier, as jy 1995 as Wêreldbekertoernooi in ag neem. Dít is Suid-Afrika se rekord nadat hulle bod vir die 2011-, 2015- en 2019-toernooie aan onderskeidelik Nieu-Seeland, Engeland en Japan toegeken is.
Kajakroeier vermoor ná waarskuwing
ʼn Britse kajakroeier is dood enkele dae nadat sy op sosiale media geskerts het oor ʼn waarskuwing wat sy gekry het dat sy vermoor gaan word.
DA kap na Myeni oor pensioengeld-bewerings
Die DA het Sondag gesê Dudu Myeni, die omstrede raadsvoorsitter van SAL, is blykbaar betrokke by ʼn “beplande strooptog van pensioenarisse se geld” om SAL en ander staatsinstansies uit finansiële moeilikheid te red.
Polisieman skiet glo vrou, homself
ʼn KwaZulu-Natalse polisiebeampte het Sondagoggend na bewering selfmoord gepleeg oomblikke nadat hy glo sy vrou ten aanskoue van omstanders geskiet het.
Nóg ʼn Amcu-beampte doodgeskiet
“Hierdie moord sê vir ons daar is ʼn oorlog teen Amcu verklaar en indien dit dan ʼn oorlog is, weet dat ons sal baklei.”
Man tydens plaasaanval in kop geskiet
ʼn Man is Sondag in die vroeë oggendure tydens ʼn aanval op ʼn plaas in die Frankfort-distrik in die Vrystaat in die kop geskiet.
Twee sterf, 5 beseer in KZN-ongelukke
Twee mans is dood en vyf ander mense beseer in twee verskillende padongelukke Saterdag in KwaZulu-Natal.
Numsa nié deel van Cosatu-staking
Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het gesê hy steun nié die vakbondfederasie Cosatu se landswye staking wat vir die komende week beplan word nie.
Yanks kies 4 uit SA vir Amerikas-Suidsee-reeks
Amerika het vier spelers met Suid-Afrikaanse wortels gekies vir die komende tweedevlaktoernooi in Montevideo, Uruguay, tussen lande van die Amerikas en die Stille Suidsee.
Valke verras in strawwe weekronde
Die Valke het Saterdag in die Curriebeker Eerste Liga verras deur op Brakpan met die beter geplaasde Boland af te reken.
Lephalale-plaasmoord: ‘Iets in ons gemeenskap het gesterf’
“Ons hoede hang laag oor ons oë in die Bosveld hierdie week. Ons hoede hang laag, want ons steek die emosies weg… ons is bang om te wys wat in ons siele aangaan.”
Seun wat by oord vermis raak dood gevind
“Volgens die kind se ma het hy binne minute net verdwyn.”
Curriebeker: só staan sake
Die Westelike Provinsie tree na sy skokneerlaag verlede week teen die Pumas weer sterk na vore in die Curriebeker-reeks, maar dis nog geen uitgemaakte saak dat hulle vir ʼn halfeindronde tuis sal kwalifiseer nie.
Daar is niks koninklik aan die Kings
As daar nie ʼn dramatiese ommekeer is nie, gaan daar nog baie trane gestort word oor die Southern Kings se deelname aan dié seisoen se Pro14-reeks.
Bewaar ons Westerse erfenis
Die Afrikaners is ʼn Westerse gemeenskap met Westerse waardes, al bly ons in Afrika. Daarom is dit belangrik dat ons op Erfenisdag voorraad neem van ons Westerse herkoms en beskawing, en besin oor die bewaring van hierdie kosbare kultuurskat.
Vrou se pad van hoop ná man se moord
“Hy het met bonatuurlike krag ʼn laaste keer opgestaan om vir ons te pleit. Hy het letterlik al die koeëls vir ons gevat. Ek hoop hy weet hy is ons held.”
Verdagtes kort ná plaasaanval vas toe motor omslaan
Terwyl die polisie nog kopgekrap het oor die motor en die buit wat daarin gevind is, het dit aan die lig gekom dat ʼn 55-jarige man op ʼn plaas in die omgewing beroof is.
19-jarige verdrink in rivier
ʼn Jong man, vermoedelik 19 jaar oud, het Saterdagmiddag in die Vaalrivier verdrink.