Adverteer

Rates for advertising agencies: E-mail christo@maroelamedia.co.za or phone 083 390 0297.

Maroela Media het verskillende advertensiepakkette beskikbaar. Maroela Media spog tans met meer as 1 miljoen maandelikse lesers en meer as 8.9 miljoen bladsyvertonings (Effective Measure: Desember 2016).

Hier is van die opsies waaruit jy kan kies, maar ons kan onderhandel oor ʼn pasgemaakte plan vir jou unieke behoeftes:

  1. ʼn Tarief van R210 per 1 000 bladsy-indrukke (CPM), bv.: (100 000 indrukke @ R210 = R 21 000.00) – banieradvertensies.
  2. Borgskapgeleenthede wat per bladsy en afdeling bereken word, bv.: Pale Toe! (rugbyblad) – tuisbladspasie of spasies op verskillende bladsye.
  3. Sosialemedia-pakkette ook beskikbaar teen R2 500 per Facebook- en Twitter-promosie, met herhaling die daaropvolgende dag (Facebook: > 173 900 “likes”, Twitter: >21 700 volgelinge (Desember 2016)).
  4. Weeklikse nuusbrief-advertensies is ook beskikbaar teen R1 100 per week. (Nuusbrief: 8 300 intekenare (Desember 2016))

Maroela Media bied ook vir jou die geleentheid om meer gesofistikeerd en gefokus te adverteer deur middel van interaktiewe advertensies (rich media), inhoudbemarking (content marketing) en persverklarings. Ons kan al hierdie advertensies spesiaal aanpas om aan jou unieke behoeftes te voldoen.

Tablettariewe vir iOS en Android sal binnekort beskikbaar wees.

Let asseblief daarop: Alle tariewe sluit agentskapkommissie in indien jy navraag doen namens ʼn advertensie-agentskap (BTW uitgesluit).

Laai die tariewekaart af (Afrikaans of Engels).

Vir verdere navrae, kontak Christo Brits by 083 390 0297 of stuur ʼn e-pos na christo@maroelamedia.co.za.