Baanbrekergeleentheid vir Afrikaans huistaal-matrieks

Argieffoto.

Argieffoto.

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand, se Afrikaanse vakvereniging, die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT), bied ʼn uitstekende geleentheid vir Afrikaans huistaal-leerders om hulle daardie ekstra hupstoot te gee voordat die eindeksamen begin.

Leerlinge van regoor die land sal op Saterdag, 22 Oktober 2016, ʼn gratis regstreekse uitsending oor die internet kan dophou, terwyl bekwame onderwysers die leerders help met finale afronding vir die drie Afrikaans huistaal-vraestelle.

“Ons bied vir 60 leerlinge die geleentheid om die oggend self gratis by te woon, terwyl ander leerlinge, ook dié buite Gauteng, deur middel van ʼn slimfoon, tablet, skootrekenaar of rekenaarsentrum in die omgewing kan inskakel op GeRAT se YouTube-kanaal. Die eksamenvoorbereiding sal geskied by die Kremetart-lokaal by Helpende Hand se hoofkantoor in Kloofsig vanaf 08:00 tot 12:00,” sê Hannie Viljoen, projekorganiseerder van GeRAT.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat gr.12-leerders landwyd kan inskakel deur die webtuiste www.gerat.co.za te besoek en die Lenteskoolskakel te volg. Onderkant die video sal ʼn skakel verskyn, waarin matrieks vrae aan die onderwysers kan rig. Leerders kan na afloop van die lenteskool te enige tyd na die video’s terugkeer, maar hulle sal nie enige vrae kan stel nie.

Hierdie unieke geleentheid help om matrieks GeRAT te kry vir die eksamen. Stuur gerus enige navrae aan [email protected].

GeRAT vir die eksamen

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand se Afrikaanse vakvereniging, die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT), bied ʼn uitstekende geleentheid vir Afrikaans Huistaal-leerders om hulle daardie ekstra hupstoot te gee voor die eindeksamen begin.Leerlinge van regoor die land sal op Saterdag, 22 Oktober 2016, ʼn gratis regstreekse uitsending oor die internet kan dophou, terwyl bekwame onderwysers die leerders help met finale afronding vir die drie Afrikaans Huistaal-vraestelle.Skakel gerus in op die webtuiste: www.gerat.co.zaStuur gerus enige navrae aan hannie@helpendehand.co.za

Posted by Skoleondersteuningsentrum SOS on Wednesday, October 19, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Youlanda Oosthuizen ·

Wat ‘n wonderlike idee! Wel gedaan Solidariteit!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.