Boek: Afrikanerjoernaal. ’n Vervolgverhaal in 365 episodes

afrikaner-joernaal-voorbladJaap Steyn

Afrikanerjoernaal neem sy leser op ’n reis wat elke uithoek van die Afrikanergeskiedenis se landskap besoek – ’n jaar lange verkenningstog wat die volle spektrum van die Afrikaner se historiese geheue in herinnering roep.

Lesers kry die geleentheid om by prominente figure en groot geeste kers op te steek, verwonderd te staan oor die minder bekende detail wat oor groot en kleiner gebeurtenisse weergegee word en ’n paar dinge wys te word uit die insig wat die outeur bied.

Daar is ’n eerste keer vir alles. Afrikanerjoernaal noem ’n paar van daardie eerstes in Suid-Afrika, soos die eerste skool wat in 1663 aan die Kaap geopen is, die eerste literêre werk wat op tuisbodem geskryf en gepubliseer is, die eeste koerant wat die lig gesien het en die eerste rugbywedstryd, wat in 1862 gespeel is. Die outeur delf ook dieper in die historiese gegewens om die eerste kapitalis uit te wys en die eerste demokratiese opvattings in die land te bespreek.

Oor die outeur:
JC (Jaap) Steyn is ‘n akademikus en skrywer. Hy is veral bekend vir sy indringende studies oor die Afrikaanse taal se herkoms en geskiedenis en sy omvattende biografieë oor onder andere M.E.R. en N.P. van Wyk Louw. As digter verwerf hy die Eugène Marais-prys en die Ingrid Jonker-prys en as prosaskrywer word hy bekroon met onder andere die Recht Malan-prys, die Louis Luyt-prys en die Stalsprys.

Uitgewer: FAK
Prys: R290-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou in Maroela se Koöperasie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

Dis ‘n moet-lees boek. Ons geskiedenis weer ‘n slag deur die oe van ‘n Afrikaner en nie ‘n alwetende Ingelsman nie…. Laasgenoemde wil alles oor SA net te graag ‘post-truth’…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.