Boek: Maestro

maestro_300dpiMarié Heese

Die beeldhouer en argitek Gianlorenzo Bernini is gebore in 1599. Op die ouderdom van reeds tien besef beide sy pa en geledere uit die Vatikaan dat die jonge Bernini geniaal is – ’n kunstenaar wat in die voetspore van Michelangelo kan volg, of selfs beter.

Heese neem ons op ’n reis deur Bernini se grootwordjare en dan as volwassene tot hy in die huwelik tree, op die ouderdom van 41. Ons sien voor ons oë hoe lyk die daaglikse lewe in Rome van die 1600’s, hoe korrup is die Kerk en tog so toegeeflik teenoor sy kunstenaars, en hoe Gianlorenzo algaande sy stem as beeldhouer vind. Bowenal sien ons hoe koorsagtig verbeeld hy dít wat by hom spook: hy werk sy hande rou, eet skaars, verloor blitsig sy humeur, verloor homsélf – alles ter wille van die marmer, wat hy soos sagte vlees kan laat lyk, in
sy hand.

Maestro is werklik ’n roman vir ieder en elk wat hou van historiese fiksie – leesbaar én boeiend. En tegelyk ’n viering van kunstenaarskap en menswees.

Oor die outeur:
Marié Heese het bekendheid verwerf met haar roman Die uurwerk kantel in 1976. Jare later verskyn drie Engelse romans, The Double Crown, The Colour of Power, en die opvolg, A Triple-headed Serpent. Vuurklip, die eerste roman in Afrikaans oor die prehistoriese tydperk ter plaatse, verskyn in 2013. Marié woon saam met haar man in Stilbaai.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R330-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.