Boek-uittreksel: Blom-heksagoon

Hierdie tweekleurige Marokkaanse teël maak die deur oop vir soveel kreatiewe moontlikhede – óf treffende eenvoud óf kleurespel.

Grootte: 12 x 12 cm
Kleure: Die patroon gebruik 2 kleure
Moeilikheidsgraad: Maklik

MOTIEF

Met kleur 1; hekel 8 ks, gs in 1e ks om ring te vorm.

Rdte 1: 3 ks, 15 lb in ring, gs bo in beg-3 ks. H/af.

Rdte 2: met kleur 2; 1 ks, 1 kb in dies st, 10 ks, gs in dies kb, *1 kb in vlg 2 lb, 10 ks, gs in dies kb; her van * tot einde, gs in beg-kb (= 8 lusse).

Rdte 3: 1 ks, *(1 kb, 1 hlb, 2 lb, 1 hlb, 1 kb, 3 ks, 1 kb, 1 hlb, 2 lb, 1 hlb, 1 kb) in 10 ks-ls, 1 kb in vlg kb; her van * tot einde, eindig met gs in beg-kb. H/af.

Rdte 4: met kleur 1; heg aan in 3 ks-ls, *(1 kb, 2 ks, 1 kb) in 3 ks-ls, 1 kb in vlg 2 ste, 1 driesl in lb tussen blomblare in rdte 1, slaan 4 ste oor, 1 kb in vlg 2 ste; her van * tot
einde, gs in beg-kb.

Rdte 5: *(1 kb, 2 ks, 1 kb) in 2 ks-ls, 1 kb in vlg 3 kb, 1 kb in driesl, 1 kb in vlg 3 kb; her van * tot einde, gs in beg-kb. H/af.

Rdte 6: met kleur 2; hekel in agterlusse van elke kb, *(1 kb, 2 ks, 1 kb) in 2 ks-hoeksp, slaan 1 kb oor, 1 kb in elk van vlg 7 kb, slaan 1 kb oor; her van * tot einde, eindig met gs in beg-kb. H/af.

Rdte 7: Die rdte word slegs by die 1e motief tot aan die einde gehekel. Die 2e en daaropvolgende motiewe word in die rdte aan mekaar gehekel. Met kleur 1;
hekel in agterlusse van elke kb, *(1 kb, 2 ks, 1 kb) in 2 ks-hoeksp, 1 kb in elk van vlg 9 kb; her van * tot einde, eindig met gs in beg-kb. H/af.

AANMEKAARHEKEL VAN MOTIEWE

Rdte 7: met kleur 1; hekel in agterlusse van elke kb, 1 kb in 2 ks-hoeksp, 1 ks, 1 ks deur die 2 ks-hoeksp van vorige motief, 1 ks, (terug by die motief wat jy nou hekel), 1 kb in dies 2 ks-hoeksp, 1 kb in vlg 4 kb, gs deur beide die 5e kb van motief wat jy nou hekel sowel as die vorige motief, 1 kb in vlg 4 kb (van motief wat jy nou hekel), 1 kb in vlg 2 ks-hoeksp, 1 ks, 1 ks deur die 2 ks-hoeksp van vorige motief, 1 ks (terug by die motief wat jy nou hekel), 1 kb in dies 2 ks-hoeksp, voltooi rdte soos reeds beskryf

INVULMOTIEF

Met kleur 1; hekel 5 ks, gs in 1e ks om ring te vorm.

Rdte 1: 1 ks, 8 kb in ring, gs in 1e kb.

Rdte 2: 3 ks, 1 lb in dies st, 2 lb in elke kb, gs bo in beg-3 ks. H/af.

Rdte 3: met kleur 2; 4 ks, 1 ks deur die vashegting van 2 punte van 2 blommotiewe, [4 ks weer terug, (1 kb in vlg lb) 2 keer, 4 ks, gs in 3e ks vanaf pen, (3 ks, gs in vorige gs) 2 keer, (1 kb in vlg lb) 2 keer] 4 keer. H/af.

Algemene inligting

Die blokke is almal met 100% dubbeldraadkatoen (meer spesifiek Vinnis Colours Nikkim) en ’n 3,25 mm-hekelpen gehekel, sodat elke blok op dieselfde skaal is en die grootte na aanleiding hiervan bepaal is. Verskillende soorte hekeldraad, hekelpendiktes en spanning sal ’n groter of kleiner eindproduk lewer. Daar word aanvaar dat die gebruiker van die boek die basiese steke onder die knie het, daarom word slegs gevorderde steke verduidelik.

WENKE
1. Die hekelpendiktes kan met die rondtes afgewissel word totdat die korrekte spanning in die rondte verkry is.
2. Werk die draad ná elke kleurwisseling weg om die werk te vergemaklik.

AFKORTINGS EN STEKE-INLIGTING
Hier is ’n lys van afkortings wat algemeen in die boek gebruik word:

beg – begin
dr – draai
dies – dieselfde
driesl – drieslagsteek
dr-ks – draaikettingsteek
dsl – dubbelslagsteek
gp – groep
gs – glipsteek
h/af – heg af
her – herhaal
hlb – halflangbeen
kb – kortbeen
ks – kettingsteek (-steke)
ks-sp – kettingsteekspasie
lb – langbeen
ls(e) – lus(se)
rdte – rondte
RK – regte kant
sdop – slaan draad oor
pen
sk – skulp
sp(s) – spasie(s)
spykerste – spykersteek
st(e) – steek(steke)
tes – tesame
tr – trossie
vdsl – vooromdubbelslagsteek
VK – verkeerde kant
vkb – vooromkortbeen
vlb – vooromlangbeen
vlg – volgende

SPESIALE STEKE WAT IN DIE BOEK GEBRUIK WORD
Dubbelslagsteek
1. Slaan die draad twee maal oor die pen.
2. Steek die pen in die volgende steek.
3. Slaan die draad oor die pen en trek die pen deur die eerste lus sodat daar vier lusse op die pen is.
4. Slaan die draad oor die pen en trek dit deur twee lusse.
5. Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die volgende twee lusse.
6. Slaan die draad oor die pen en trek dit deur die laaste twee lusse op die pen.

Hierdie patroon is oorspronklik gepubliseer in die boek Hekel teëlmotiewe met ‘n verskil
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R195-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.