Wanda de Kock-Bam
Redding, genesing, geloof en groei in die wildernis
Wil jy die kettings van die verlede afskud? Sukkel jy om vrede te maak met ou wrokke, onreg of skuld? Worstel jy alleen deur ’n barre woestyn sonder padkaart of geestelike padkos? Vrees jy dood, egskeiding, enkelstatus-stigma en talle ander spoke? Is selfdood jou laaste opsie?
Nee! Vroue wat anders kies, groei van slagoffer in die wildernis tot heldin in oorlewing. Werklik? Maar hoe kies jy reg en waar kry jy die krag?
Die wildernis is geen doodsvonnis nie, nog minder die einde van ons wêreld en menswees. Uit haar eie worsteling wys Wanda de Kock-Bam jy KAN die wildernisstreke van die lewe oorkom, as jy net WIL. Met God as gids SAL jy anderkant uitkom. Kanaän was God se toekomsbelofte vir sy volk, maar ook hulle moes eers deur die wildernis trek. Dit was net ’n ompad, nie ’n “huis” nie. As jy daar bly, sal jy ook daar omkom.
Wilderniswenke vir vroue is ’n oorlewingsgids deur en uit elke wildernis – terug na lewe in blydskap, volheid, vryheid … met sy Gees as kompas.
#Wildernisvrou Wanda wys jou prakties en eenvoudig HOE:
- Kies tussen geestelik doodgaan en oorleef
- Bly opkyk en vorentoe kyk in die wildernis
- Verander ander lewens met jou eie wildernislesse
- Ontgin eie potensiaal en vaardighede vir voluit lewe
- Stap uit jou wildernis as volkome bevryde vrou
Wilderniswenke vir vroue is ’n onontbeerlike padkaart vir elke wildernisvrou. Dit sing die hartslied van ’n vrou wat elke pyn omkeer in ’n getuienis!
Oor die skrywer:
Wanda de Kock-Bam, ’n internasionale spreker en bekroonde solokunstenaar van onder meer ’n CBSA- en drie ATKV Liertoekennings, is die aanbieder van die Ontbytprogram op Radio 729AM Kaapsekansel en die joernaalprogram, LEEF, op Radiokansel 657AM én 729AM Kaapsekansel. Wanda, ’n liefhebber van die God van die wildernis, is getroud, het twee dogters en is die trotse ouma van twee kleingoed.