Boeke: Lekker & Vinnig

Berekos_Lapa.jpgOp soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is?

Die reeks LEKKER & VINNIG is net die antwoord … Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte.

Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou gesinsgunstelinge sal word. Dit is reeds die vierde stel boeke in hierdie reeks – die eerste drie stelle het soos blits verkoop.

Lekker En Vinnig 4: Bêrekos

Jy kan jou eie biltong maak, vinnig en maklik! So ook droëwors, beskuit, kerrievis en sousbone. Oit is wat ons bedoel met b8rekos. Tjoef-tjaf berei jy vandag iets voor, want oor ‘n paar weke het jy nie tyd nie, maar dan is daar lekker bederfies gereed vir jouself, die gesin en die onverwagse vriende wat inval.

“Lekker,” sal hulle sê. “En vinnig,” sal jy na binne glimlag.

Lekker En Vinnig 4: Braaibygeregte

Niemand wil ure in die kombuis staan terwyl daar buite gebraai word nie. Hierdie boek sal jou help om die lekkerste bykosse te maak sonder om die pret te mis. Stokbrood is nie net lekker nie, dit is ook pret!. Groentesosaties is smaaklik en dit mooi. ‘n Mostertaartappelslaai sal gaste laat lippe aflek.

Die boek bevat bykosse wat die gesin sal laat smul en jou die son op jou Iyf laat voel terwyl die vuur die werk doen.

Lekker En Vinnig 4: Kosblikkos

Wees die held van die kosblikbrigade met tuisgemaakte energiestafies, lekker vetkoeke, biltongmuffins en kaaskoekstafies vir die soettande.

Hierdie praktiese boek sal die gesin laat uitsien na die daaglikse avonture in hulle kosblik. “Lekker!” sal hulle jubel. “En vinnig, ” sal jy dankbaar sug terwyl jy in ‘n oomblik van vrede jou eie kosblik oopmaak.

Lekker En Vinnig 4: Peuselhappies

Spyseniers weet net hoe om ‘n geleentheid op te tower met die heerlikste peuselhappies, maar hoekom dit nie self maak nie? Hierdie praktiese gids sal jou help om worsrolletjies, kaassouthappies, hoenderpasteitjies, eierbalietjies en ander gunstelinge te maak vir jou volgende funksie.

“Lekker, hoor!” sal behoort almal jou komplimenteer. “En vinnig,” sal jy dink terwyl jy die rekenaar opstel om almal uit te boul met jou voordrag.

Lekker En Vinnig 4: Sakpasgeregte

Almal van ons ken daardie weke in die maand waar die bankbestuurder gevaarliker Iyk as die booswigte op TV. Hier is raad vir eenvoudige, maar goedkoop, geregte wat boonop heerlik smaak. Met viskoekies wat jy van tuna maak, ‘n heerlike korslose groentetert en ‘n smaaklike hoenderbobotie, sal jy jou gesin en die bankbestuurder gelukkig hou sonder dat jy ure in die kombuis hoef te staan.

Lekker En Vinnig 4: Teetydtreffers

‘n Mens kuier lekker oor ‘n koppie tee, maar wie wil nou ure spandeer aan iets wat in ‘n japtrap verorber word? Hierdie gids sal jou help om jou gaste te trakteer op gebakte kaaskoekvierkante, ‘n heerlike dadel-en-suurlemoenbroodjie, vlapoffertjies en maklike petit fours. “Lekker,” sal jou gaste jou komplimenteer. “En vinnig,” sal jy kan antwoord.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R49.95 elk*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.