Debuutbundel: ’n ope brief aan Dorian Gray

Hierdie bundel verkeer deurgaans in gesprek met Oscar Wilde se roman, The picture of Dorian Gray, waarin die jong Dorian Gray wens dat sy afbeelding in ’n skildery sal verouder, terwyl hyself jonk bly.

In hierdie debuutbundel word ’n liefdesgeskiedenis vertel soos dit deur verskillende stadiums beleef word deur die spreker. Aan die begin soek die spreker na ’n manier om sy liefde duidelik genoeg uit te druk; dan volg die ontnugtering en die belewenis van die geliefde as ’n leë dop, en uiteindelik volg die misnoegde ervaring van mislukking.

Die gedigte verwoord in hierdie bundel die aftakelingsproses en boots die narratief van die Wilde-roman implisiet na. Soos in die roman word die grense tussen werklikheid, verbeelding en kuns in die gedigte dikwels oorskry. Die atmosfeer van verval van die Wilde-roman word ook in talle van die gedigte opgeroep.

OOR DIE SKRYWER
Ruan Fourie is in 1994 in Bloemfontein gebore en is tans ’n honneursstudent aan die NWU. Van sy gedigte is op Versindaba gepubliseer en hy het ook as digter deelgeneem aan die Byderhand-projek by Aardklop 2015, wat die ATKV-Aartvarkprys vir Grensverskuiwende Werk gewen het.

TITEL: ’n ope brief aan Dorian Gray
UITGEWER: www.proteaboekhuis.com
SKRYWER: Ruan Fourie
GENRE: Poësie
PRYS: R160.00 (BTW ingesluit) *Prys onderhewig aan verandering.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.