Hoe gemaak met die narsis in jou lewe?


riette-rust

Riëtte Rust is ʼn ervare skrywer en bekroonde vryskutjoernalis met ʼn besondere belangstelling in die sielkunde. Foto: Rietterust.co.za

As ʼn bekende ʼn vloermoer gooi wat ʼn tweejarige sal laat skaamkry omdat al die groen lekkertjies nie uit sy M&M’s verwyder is nie, of omdat haar kleedkamer nie heeltemal spierwit is nie – is dit snaaks – maar dit is mos maar te wagte van Hollywood se sterre.

Maar hoe gemaak as die persoon by jou werk, kerk of in jou persoonlike verhouding jou voltydse aandag, goedkeuring en bewondering vereis? Vir jou gevoelens en behoeftes voel hulle vere. Trouens, hulle beheer jou ten volle. Niks is ooit hulle skuld nie en hulle sê ook nooit hulle is jammer nie.

Klink dit miskien bekend? Wanneer jy Riëtte Rust se boek Ek! Ek! Ek! Herken en hanteer narsiste lees, sal jy tot jou groot verligting ontdek dat daar ʼn naam is vir die hel waarin jy verkeer: narsisme.

Rust is ʼn ervare skrywer en bekroonde vryskutjoernalis met ʼn besondere belangstelling in die sielkunde. Sy het destyds ná ʼn lesersbrief navorsing begin doen oor narsisme vir ʼn tydskrif en die artikel en terugvoer van lesers het uitgeloop in ʼn boek oor die onderwerp. Boonop het Rust ook al met ʼn narsis of twee in haar persoonlike lewe te make gehad.

riette-rust-ek-ek-ek-herken-en-hanteer-narsiste

Foto: Lapa.co.za

“Daar is niks fout met jou nie. Jy is iemand wat ander se behoeftes ver bo jou eie stel, en die narsis het jou met die hand uitgesoek,” vertel sy.

Sy is ook van mening dat selfies, sosialemediaplatforms soos Facebook en ons kultuur om bekendes slaaf aan te hang narsistiese eienskappe in mense laat gedy.

Rust deel haar raad in die boek oor hoe om ʼn narsis te herken en hoe om hierdie persoonlikheidstipe te hanteer. Sy kyk ook na ʼn paar bekende narsiste se psigologiese samestelling. Jy kan selfs ʼn vraelys aan die einde van die boek voltooi om te bepaal of jy (of daar die moeilike baas) ʼn narsis is.

  • Maroela Media het telefonies met Riëtte Rust oor haar boek en narsisme gesels. Sy verduidelik hoe sy uit ervaring geleer het om ʼn narsis te hanteer. Luister na die gesprek in die podsending bo aan die artikel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Denise ·

Narsiste is volop en ja hulle wil nooit erken as hulle gefouteer het nie hulle woord is wet dit is baie erg om met so iemand saam te leef of werk dit is HEL!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.