Hoopvol

Derick van der Walt

Hoopvol is die verhaal van ‘n 16-jarige jong man, Ben de Koker, wat ‘n soektog onderneem na sy pa, wat hy nooit ontmoet het nie, nadat sy ma en suster omkom in ‘n brand in Mayfair, Johannesburg.  Parallel aan dié narratief ontvou die verhaal van die 18-jarige Natalie, ‘n weeskind wat op die Karoo-dorpie Hoopvol woon by die plaaslike pastoor en sy vrou.

“Die manuskrip is ‘n volbloed-roman wat sy jong lesersmark nie onderskat nie. Die karakters is eg en die verhaal meesleurend en ontroerend. Plek-plek is die gegewens so aangrypend dat dit lesers tot trane sal roer.” – Tafelberg-keurder.

Geskryf deur ‘n bekende outeur met ander bekroonde boeke op sy/haar kerfstok.
Oorgrensroman met wye aanklank.
Aangrypende gegewe van ‘n seun op soek na sy pa en ‘n jong meisie wat haar plek in die lewe bevraagteken is erg meesleurend en roerend.

Oor die outeur:
Derick van der Walt is op 14 Julie 1958 op Virginia in die Vrystaat gebore. Hy matrikuleer in 1976 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria. Hy behaal ‘n B.A. Honneursgraad in Kommunikasiekunde aan Unisa. Derick is tans ‘n derikteur van Chilli Kommunikasie-konsultante in Pretoria, ‘n firma wat in die produksie van korporatiewe publikasie spesialiseer. In 2007 ontvang Derick die Sanlamprys vir jeuglektuur: goud vir sy debuutboek, Lien se lankstaanskoene. In 2009 word hy bekroon met die M.E.R.-prys vir jeugliteratuur, ook vir Lien se lankstaanskoene. Willem Poprok volg in 2010, en ‘n roman vir volwassenes verskyn by Kwela in 2012. Silwer Wenner: Sanlamprys vir Jeuglektuur 2011.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R135-00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.