‘Ken jou storie’: Opwindende kinderboek-kompetisie

 kinder_illustrasie_boeke_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

[promosie-artikel]

Jy loop al jare met kinderverhale in jou kop rond. Nou het jy die kans om daardie storie wat al so lank broei op papier neer te pen.

AROS in samewerking met Pretoria FM het ʼn kinderboek-skryfkompetisie van stapel gestuur. Daar is twee kategorieë, naamlik ʼn kinderboek vir ouderdomsgroep 4 tot 6 jaar of 7 tot 9 jaar.

AROS poog ook om voornemende kinderboekskrywers toe te rus met kennis. Dus sal daar op ʼn gereelde grondslag op “Ken jou storie” se webblad en Pretoria FM inligting beskikbaar gestel word.

Die volgende pryse is op die spel:

  • Wenners, kategorie 4 tot 6 jaar en 7 tot 9 jaar: elk R10 000 en die boek sal uitgegee word deur Fontein Uitgewery.
  • Tweede prys, kategorie 4 tot 6 jaar en 7 tot 9 jaar: elk R 5 000.

Die pryswenner se boek sal dan uitgegee word deur Fontein Uitgewery, kopiereg word deur AROS behou. Uitleg van die boek en finale illustrasies sal ook deur Fontein Uitgewery behartig word as deel van die prys.

Luister gerus na die eerste onderhoud wat Sarina Frauenstein van Pretoria FM met Saskia Meijer, hoof van die Instituut vir Christelike Onderwys, gevoer het.

Meer inligting besoek gerus “Ken jou storie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.