Judaskus is Rudie van Rensburg se jongste misdaadroman wat vanaf Mei op die winkelrakke is. Sy speurder, kaptein Kassie Kasselman, moet nuut dink oor moordsake van jare gelede, wat hom op die spoor van ʼn witboordjie-bende plaas wat aan onheil ʼn donker nuwe betekenis gee.
Esté Meyer Jansen van Maroela Media het vir Rudie gevra om meer te vertel oor sy skryfproses en die antiheld-speurder van sy gewilde spanningsverhale.
- Lees ook Maroela Media se berig oor Judaskus hier.