[Video] PG du Plessis lees ‘Fees van die Ongenooides’

PG du Plessis (skermgreep uit die video)

ʼn Gedenkdiens word vandag vir die ontslape skrywer en dramaturg, dr. PG du Plessis, op sy tuisdorp Potchefstroom gehou.

Du Plessis is verlede Woensdagmiddag in die ouderdom van 82 oorlede ná ʼn lang stryd met kanker.

Die diens vind om 11:00 plaas in die NG kerk Noord in Dwarsstraat 21.

Pieter Georg (PG) du Plessis, wat met sy Koöperasiestories diep in die harte van Suid-Afrikaners gekruip en talle stories in die immergewilde televisieprogram Spies en Plessie – met permissie vertel het, het prostaatkanker gehad. Hy sou volgende maand sy 83ste verjaardag gevier het.

Hy het ʼn hartroerende stuk uit sy bekroonde werk, Fees van die Ongenooides, voorgelees toe Maroela Media in 2014 by hom op sy plaas gekuier het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.