Gedig: Gesig van die liefde (vir Jack)

Foto: Pixabay

Ingrid Jonker (1933 – 1965)

Jou gesig is die gesig van al die ander
voor jou en na jou en jou oë kalm soos ’n blou
daeraad wat keer op keer aanbreek
herder van die wolke
bewaker van die wit wisselende skoonheid
die landskap van jou verklaarde mond wat ek ontdek het
behou die geheim van ’n glimlag
soos klein wit dorpies anderkant die berge
en jou polse die maat van hul verrukking
daar is geen sprake van begin
daar is geen sprake van besitting
daar is geen sprake van die dood
gesig wat ek liefhet
die gesig van die liefde

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E ·

My liefste M – “daar is geen sprake van die dood nie, jou mond behou steeds elke dag die geheim van ‘n glimlag… Hoe wens ek dat ek jou nog net een keer weer kan sien, net nog een keer my vingers deur jou hare kan streel en in jou oë kan kyk, “jou oë kalm soos ‘n blou daeraad wat keer op keer aanbreek”. My liefste M, alles is besmeer met my trane oor jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.