Gedig: Punt

Argieffoto (Foto: Free-Photos, Pixabay)

Bibi Slippers

ek skryf jou af en eindig
ons verhaal met ʼn punt
agter jou naam.
finaal.

maar dis altyd so met my
as ek my weer kom kry
is daar nog twee punte by

Uit: Fotostaatmasjien (2016)
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R200-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mari Botha ·

Ek self skryf gedigte. Hoe laat ek dit hersien of deur wie om te staaf of ek dit maar liewers privaat moet hou en of dit in belange van my medemens kan wees om dit te kan deel met publiek? My roerende lewenslesse vasgevang in rymvorm. Hoop om van julle te hoor. Gesëende naweek. Mari

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.