Gedig: Somer

Johannes Kerkorrel Foto; Shifty Records (shifty.co.za)

Johannes Kerkorrel Foto; Shifty Records (shifty.co.za)

Johannes Kerkorrel

hier kom die somer, die son
hier kom die somer, die son
dae soos heuning
warm en lou

branders rol in by die see
branders rol uit by die see
en hoog in die lug
dryf die meeue rond

ons kan gaan sit by die karosel
onder ‘n sambreel al die skepe tel
later gaan ons ver oor die wit sand loop
en kyk as die son sak in die blou see …

o-

stadig die somer
stadig die somer
en hoog in die lug
dryf die wolke rond

hier kom die somer, die son
hier kom die somer, die son
dae soos heuning
warm en lou

branders rol in by die see
branders rol uit by die see
en hoog in die lug
dryf die meeue rond

ons kan vir ons dalk ‘n eiland koop
niemand sal weet ons het weggeloop
later gaan ons ver oor die wit sand loop
en kyk as die son sak in die blou see

o-

stadig die somer
stadig die somer
en hoog in die lug
dryf die wolke rond…

Somer is oorspronklik in 1992 op Johannes Kerkorrel se album, Bloudruk uitgegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Estelle Botes ·

Ek sal nooit moeg word vir Somer en van sy ander songs nie. Tydlose talent.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.