Uitdrukking: In die dolliwarie wees.
Betekenis: Vrolik en opgewonde wees. Verward wees.
Be in high spirits. Be confused.
OPGEWEK. VERWARD.
Vervorming van Dolly Varden, ʼn swierig uitgevatte koket met ʼn kenmerkend blomversierde hoed, in Charles Dickens se werk, Barnaby Rudge.