Uitdrukking: ʼn Kruidjie-roer-my-nie

Argieffoto

Uitdrukking:
ʼn Kruidjie-roer-my-nie

Betekenis:
ʼn Kortgebonde persoon

Waar kom dit vandaan?
So iemand is ʼn onaangename persoon, net soos wat die kruidjie-roer-my-nie-plant ʼn onaangename reuk afgee as dit aangeraak word.

3 Kommentare

Adri ·

Die kruidjie-roer-my-nie waarmee ek groot geword het, het geen reuke afgegee sover ek kan onthou nie, maar het homself toegevou as verdediging teen die “aanval”.

Magda ·

Adri, jy is heeltemal reg, die blaartjies het toegevou sodra jy daaraan raak. As kinders het dit ons ure se genot verskaf… sonder n onaangename reuk.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.