Kinder- en jeugboekskryfkursus

Argieffoto

Argieffoto

Van aspirantkinder- en jeugboekskrywer tot outeur: ‘n kursus wat jou alles leer!
Die kursus word deur Marianna Brandt aangebied van 6 – 9 Januarie 2015 in die Kraaifontein-biblioteek in Kaapstad.

Die kursus is prakties. Jy neem deel aan die skepping van jou storie. Jy leer meer as net storieskryf, jy leer ken jouself en jou kreatiwiteit en skryf uit jou hart uit, breek die reëls en bring jou uniekheid uit.

Marianna is ‘n bekroonde skrywer met 30 jaar ondervinding in populêre boeke vir kinders en tieners en sy skryf ook vir die opvoedkundige markte in Suid-Afrika, Engeland, Maleisië, China en Afrika lande. Sy is ook betrokke by van die grootste uitgewers in Suid-Afrika. Marianna het in 1999 Suid-Afrika in Ysland vertoonwoordig in Kinderletterkunde en hou haar oog op neigings in die veld wêreldwyd in Engeland waar sy vir ses maande van die jaar woon.

Baie aspirantskrywers het onder haar leiding skrywers van formaat geword en pryse gewen.

Van haar treffers sluit die Stoutsterte-boeke, Markus Stermuis, Die Avonture van Magrietjie Swaaiboude, Diva Veronica, Die Geheim van die Toringkamer, Emma en die Geheime Gang, Emma en die Creepy komplot en nog baie lees en storieboeke vir skole in Afrikaans en Engels wêreldwyd, in.

Marianna Brandt

Marianna Brandt

Só lyk die program:

Dag 1

  • Die werkbare idee, breek weg van die vervelige en dink uit die boks deur karakters te skep wat nooit vergeet sal word nie en storielyne wat jou na jou asem sal laat snak. Metodes om ‘n idee te formuleer en te omskep in ‘n werkbare storie.
  • Jy besef watter soort stories pas jou skryfstyl wanneer jy die kleuranalise van jou kreatiwiteit ontdek waarvolgends jy ook jou karakters se profiele gaan skep.
  • Jy leer oor die wenformules van wêreldtreffers vir kinders en hoe jy soortgelyke stories vir kinders in Afrika kan skryf.

Dag 2

  • Jy leer hoe om ‘n visuele toneel te skryf wat deel uitmaak van alle stories. Hoe om oogpunt, dialoog en subplotte te hanteer in ‘n gestruktueerde plotlyn.
  • Jy leer hoe om spanning te bou met emosie en aksie.
  • Jy leer oor stories vir verskillende ouderdomsgroepe.
  • Hoe moet jou storie op papier lyk?

Dag 3

  • Die prenteboek – vir die skolemark en die boekwinkelmark.
  • Die jeugboek – die moets en moenies en waarvan tieners hou.
  • Fantasie – die reëls – simboliek en die magic formule.
  • Die Riller/Misterie
  • Die Avontuurverhaal
  • Spookverhaal
  • Die Wetenskapfiksie verhaal
  • Die speurverhaal

Dag 4

  • Die Gotiese storie
  • Moderne Feëverhaal
  • Die Soektog [Quest]
  • Stedelike fantasie
  • Distopiese storie [The Hunger Games]
  • Die Zombie verhaal
  • Die AFrika kinderstorie
  • Stories me gemengde kulture
  • Die voorlegging van jou manuskrip aan ‘n uitgewer.
  • Die markte vir kinderstories. Algemene en skolemarkte.
  • Die e-boeke mark en hoe jy kan publiseer.

Veel voorkomende vrae van voornemende studente:
Sal ek ook volwasse stories kan skryf?
Ja, om by kinderstories te begin is die beste plek want jy leer al die tegnieke wat jy ook in volwasse stories gaan toepas.

Is ek nie te oud om nou te begin skryf nie?
Mense van 70+ het die kursus gedoen en suksesvol gepubliseer. Tieners van sestien het die kursus gedoen en gepubliseer. Jy is nooit te oud of te jonk nie.

Moet ek alreeds iets geskryf het?
Nee, glad nie.

Hoe weet ek dat hierdie kursus die moeite werd is?
Hier is wat ‘n paar skrywers sê:

“Marianna Brandt het vir ‘n ruk op Upington gewoon en ‘n skryfkring hier begin. Onder haar leiding het ten minste tien van ons gepubliseer, Potch se skryfskool bygewoon en baie heerlike dinge beleef. Ekself het 21 boeke geskryf, baie kortverhale en selfs ‘n prys of twee gewen a.g.v. haar kennis en ervaring en moenie haar entoesiasme weggooi nie. Dankie Marianna en ek is jaloers op die mense wat jou kursus kan bywoon.” – Merie Scheepers

“Sonder jou kursus sou ek dit nooit kon doen nie.” – Elizbe van der Colff (ATKV pryswenner – lid van die Fynbosskrywersgroep) Sy het ook die Fynbosskrywersgroep in die Kaap gestig wat al talle suksesse gehad het, oa. twee CD’s vir kinders, ‘n riller boek vir 8 – 12 jariges, kortverhale, artikels, rympieboeke en baie meer het uit hulle penne verskyn en die groep is besig met nog baie interessante projekte vir 2015.

Vir meer inligting en om jou plek te bespreek vir dié kursus kontak Anika by [email protected].
Die koste beloop R7 250 per persoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.