Taalgebruik: idee

Argieffoto (Foto: stux, Pixabay)

Argieffoto (Foto: stux, Pixabay)

“Idee” is sinoniem met “denkbeeld. Gebruik na gelang van die konteks:

fresh ideas nuwe gedagtes of planne, voorstelle of wenke
give an idea of ʼn aanduiding gee van
have an idea that vermoed dat
have a bright idea ʼn blink gedagte/plan/ingewing kry
have a faint idea of something ʼn flou/vae begrip van iets hê
not have the faintest/foggiest idea nie die vaagste benul hê nie
have a high idea of ʼn hoë dunk hê van
it is not my idea of dit is nie wat ek bv. luuks noem of as luuks beskou nie
ideas on (a topic) opvattings/beskouings/menings oor (ʼn onderwerp)
that is the idea dit is die bedoeling

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Phillie ·

Ek vermoed dat Maroela se verslaggewers ook nodig het om hul taal gebruik onder die loep te neem, bv in hoof berig is mense “dood.” Diere en plante gaan dood. Mense is oorlede of het beswyk

Sune van Heerden ·

Dagsê Phillie

Dankie vir jou terugvoer. Let asseblief daarop dat volgens Skryf Afrikaans van A tot Z is die korrekte taalgebruik om te sê “die pasiënt is dood” of “het gesterf aan” meningitis of die meningitis het die dood versoorsaak of ʼn lewe geëis, maar die persoon het weens vigs gesterf (d.w.s. weens die gevolge daarvan wat onder meer longontsteking kan wees.).

In motorongelukke kan persone sterf (neutraal), omkom (deftiger) of beswyk (op pad na ʼn hospitaal). Ontslaap en heengaan impliseer ʼn vreedsame, rustige dood of om in die lsaap te sterf, en oorlede ʼn natuurlike oorsaak. Ook doodgaan beteken ʼn geleidelike agteruitgang weens siekte. Talle het in die ramp omgekom terwyl duisende soldate in die oorlog gesneuwel het. Vee vrek weens die droogte (en daar was baie vrektes), maar veral troeteldiere kan ook doodgaan [NIE: sterf].

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.