Talle gebruikers van Afrikaans struikel oor die verskil tussen kibbel, knabbel en knibbel. Watter woord moet jy wanneer gebruik?
‘n Mens kibbel oor kleinighede en jy knibbel oor pryse as jy ‘n laer prys probeer beding. Knabbel beteken “peusel” of “versigtig byt”.
Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Dankie vir die taalles.
Persoonlil het ek nog nooit iemand die woord knibbel in bg. konteks hoor gebruik nie.
Moet ons die Nederlandse woord knabbel gebruik as mens peusel aan iets?
Nog nooit die woord ook so in gebruik gesien of gehoor nie.