Die byvoeglike naamwoord mariene beteken “betreffende die see”: mariene diere/lewe/plante en ook mariene bestuur/biologie/inspekteur (twee woorde)
Die selfstandige naamwoord marine slaan op ʼn vlootmag of die militêre seewese waarmee ʼn samestelling soos marinebasis (een woord) gevorm word
Die byvoeglike naamwoord maritieme het betrekking op die skeepvaart
Engels mariner: marinier of seesoldaat (van byvoorbeeld die VSA)
Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Skryf Afrikaans van A tot Z
Uitgewer: Pharos
Prys: R425-00*
* Prys onderhewig aan verandering
Klein spel (of tikfoutjie) op die advertensie van Irna van Zyl se “Moordvis”. Joou