die hartseer stad

Valiant Swart

Geneem uit Toorwoorde roep my deur Valiant Swart

die oerwoud van stene en ligte
is ‘n smeulende plantasie
vol vreemdelinge en vlugtelinge
en eenrigting doodloopstraat gesigte

die wildernis van motors en mense
is ‘n smerige reservaat
vol dreuninge en dwalinge
en eensame onvervulde wense

is ons almal broken angels
met ons wonde en ons smart
loop ons almal met ons letsels
deur die strate van die stad

is ons almal stukkende kinders
met ons hartseer en ons pyn
sê my wanneer gaan die weemoed
uit die stede verdwyn

dis ‘n hartseer stad
die hartseer stad

die doolhof van nommers en name
is ‘n vervalle begraafplaas
vol aasvoëls en maaiers
en ongeëiende verweerde geraamtes

is ons almal broken angels
met ons wonde en ons smart
loop ons almal met ons letsels
deur die strate van die stad

is ons almal stukkende kinders
met ons hartseer en ons pyn
sê my wanneer gaan die weemoed
uit die stede verdwyn

dis ‘n hartseer stad
o, dis ‘n hartseer stad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.