Die kruks van die saak

Uitdrukking:
Die kruks van die saak

Betekenis:
Die kern van die saak

Waar kom dit vandaan?
Die Engelse crux beteken “kruis”. Daar is twee moontlike herkomste: die eerste is dat dit verwys na die kruis as marteltoestel, en vandaar dat dit dikwels ‘n marteling vir die verstand is om tot die kern van ‘n saak te kom. Die ander moontlikheid is dat dit die kruis is wat gevorm word wanneer twee argumente lynreg oor mekaar lê, sodat dit ‘n figuurlike kruis of knooppunt vorm waarvan die ontknoping ‘n probleem veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.