Paassondag s.nw. (t.o.v. die Christelike geloof)
Die Sondag wat op Goeie Vrydag volg, waarop die opstanding van Christus feestelik herdenk word, gewoonlik die eerste Sondag ná die eerste volmaan wat op of ná die dag-en-nagewening van 21 Maart voorkom.
Paasdag (minder gebruiklik): Die lydenstyd is deurspek met simboliese gebruike. Lydenstyd begin 46 dae voor Paassondag op Aswoensdag en dan berei gelowiges hulle voor op die Paasfees (Volksblad.19 Apr. 2000, 7).
Paasfees is die fees van ’n traan (Goeie Vrydag) met ‘n lag (Paassondag). Daarom die vreemde tradisie in die Grieks Ortodokse Kerk dat die gelowiges op Paasmaandag bymekaarkom om grappe te vertel (Beeld, 9 Apr. 1994, 8).
Paashaas
Pure bog- hoekom is almal “sondig”?Ek sal nooit my kinders so verewig verdoem. En ek is nie eers n almagtige spook.