Woord:
granny smith
Betekenis:
groen appel met ʼn kraakvars tekstuur
Waar kom dit vandaan?
Genoem na die Australiese tuinier, Maria Ann Smith (1799 – 1870), wat die appel “ontdek” het. In die Australiese Farmer and Settler van 25 Junie 1924 het ʼn sekere Edwin Small vertel dat hy en sy pa in 1868 deur Smith genooi is om te kom kyk na ʼn kiemplantjie wat langs ʼn spruit op haar plaas groei. Sy het gesê dat die appel ontwikkel het uit die oorblyfsels van ʼn klompie Franse houtappels wat in Tasmanië gekweek is.
… die appel het sy naam gekry van n “suur ou jong nooi”
Dit is mos so n groen suur appel
#dog nog altyd, waarom die negatiewe, siniese reaksie? Jy klink net so suur soos die Granny Smith appel!
Sê hom!
Dit was seker appel wat Eva vir Adam gegee het in paradys….
Daar is wragtig ander appels wat beter smaak!
Seker die mees gesonde appel om te eet. Is ook die beste kookappel .