Woord:
salaris
Betekenis:
besoldiging vir diens wat gelewer is
Waar kom dit vandaan?
Volgens oorlewering was sout so skaars in Italië dat dit as ruilmiddel gebruik is. Ons het daaruit die Afrikaanse uitdrukking “jou sout werd wees”, wat die Romeinse soldaat moes wees as hy betaal wou word.
Salaris (Latyn salarium) was dus eintlik soutgeld – maar die bronne verskil oor die skaarste daarvan. Sommige sê dat dit eers in die 12de eeu so skaars geword het toe dit as belasting ingestel is.
Dié interessante brokkie is gepubliseer in dr. Anton F Prinsloo se boek, Die aap in jou koffie (Afrikaanse eponieme van A tot Z).
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke