[Video] Tweejarige: ‘My boetie is ʼn alien’

Elmea Smit ('n Skermskoot uit die video)

Elmea Smit (‘n Skermskoot uit die video)

Lapa Uitgewers het Vrydagoggend ʼn skattige video op Facebook gedeel van die tweejarige Elmea Smit wat die dierbare maar ellelange rympie, “My boetie is ʼn alien”, uit Jaco Jacobs se boek, Wurms met tamatiesous en ander lawwe rympies, opsê.

Erika Smit het aan Lapa vertel Elmea se ouer sussie het haar glo gehelp om die rympie te memoriseer en op te sê.

Jaco Jacobs het self ook die video op sy Facebook-blad gedeel met die boodskap: “Die oulikste ding wat ek hierdie week gesien het.”

Almal koer behoorlik oor dié video waarin die tweejarige ʼn blitsvinnige 30 sekondes neem om die rympie op te sê.

Hier is die oorspronklike gediggie:

My boetie is ’n alien
van ’n baie ver planeet –

Elmea se ouer sussie ('n Skermskoot uit die video)

Elmea se ouer sussie (‘n Skermskoot uit die video)

net aliens sal brood
met tamatiesous op eet.

Aliens dra nie skoene nie,
hulle hou van kaalvoet stap
en ’n alien is mal daaroor
om in sy neus te krap.

Op my boetie se planeet
is dit glad nie baie nat nie
en daarom is die aliens
nie een gewoond aan bad nie.
Laat gisteraand hoor ek
’n vreemde zoemgeluid,
daar’s ’n ruimteskip op die grasperk
en vreemde wesens klim daaruit.
“Hallo,” groet die een ou,
“ons het ons boet kom haal!”
Ek word yskoud en ek bewe,
ek skrik my byna vaal.
“Los my boetie uit,” sê ek.
“Gaan t’rug van waar jul kom.
Hy is nou wel ’n alien,
maar ons is lief vir hom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Erika ·

Baie dankie Maroela Media! Afrikaans KOOK behoorlik en met die oulike gedigte uit Jaco Jacobs se pen, kweek dit van kleins af al ‘n liefde vir ons wonderlike taal! Dankie vir die blootstelling!

SNEL ·

Ag my moeder, is dit nou nie te oulik nie. Baie oulike gediggie ook, het dit nou regtig geniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.