Musiek is ʼn universele taal wat harte kan aanraak. Die kuns is egter om jou boodskap só te verpak dat soveel mense moontlik dit hoor en met ander deel. As jy nog altyd ʼn liedjie wou skryf of dalk hierdie vaardigheid wil opknap is dit nou jou kans! Maroela Media en Akademia se skryfskool, Skryfnet, spog met ʼn opwindende kursus wat gemik is op enigiemand wat graag betekenisvolle musiek wil skep.
Lees meerAlles deur die skrywer Annelize Brits
Bekendes slaan af vir HelpJag
’n Groep bekendes het onlangs vir die eerste keer in Worcester in die Wes-Kaap byeengekom om deel te neem aan die “Legendes Gholfdag van Hoop”. Die besondere geleentheid was ten bate van HelpJag, ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand.
Gee jou skryfdrome vlerke
Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns, wat van 13 Mei 2024 vir die agtste keer aangebied word, duur agt weke en fokus op die skryf van verhalende prosa in die vorm van die kortverhaal.
Hoe hanteer ek skuldgevoelens oor my verskillende rolle en tydsindeling?
Ons as vroue raak so maklik oorweldig deur al die verantwoordelikhede en rolle en dan het skuld so ʼn manier om in te kruip: spandeer ek genoeg tyd saam met my gesin? Doen ek genoeg Bybelstudie? Is my huis in orde? Kry ek genoeg werk gedoen? Is dit wat ek doen goed genoeg? Wat bly oor vir my as ek my alles gee op elke terrein van die lewe?
Nou kan jy Weet lees én luister
Weet, die e-naslaangids vir leerders, bied al vir twee jaar relevante en interessante leesstof vir kinders, ouers en onderwysers. Maar nou het jy ook die opsie om na Weet se artikels te luister!
Wouter gaan nou by dié lesers bly
So op Wouter se tweede verjaarsdag gebeur daar baie opwindende dinge. Wouter Weet, die slimkop van Weet wat alles weet, het nog twee nuwe tuistes bygekry.
Foto’s: Reis saam met Wouter en wen!
Wouter het gedurende die Desembervakansie weer nie stilgesit nie. Hy het die land verken en nog baie meer geleer, met Weet altyd byderhand op sy foon vir interessante brokkies inligting oor elke plek wat hy besoek.
Die 40/40-beginsel: ’n Transformasie van liefde en sorg vir ons kinders
Leer ons nog ons kinders wat dit is om deursettingsvermoë te hê? Of is jy jou kinders se struikelblok as gevolg van jou leefstyl. Begin jy iets en maak dit nooit klaar nie?
Video: Kom saam op die Super Sokkie-bootreis 2024!
Opgewekte Afrikaanse musiek gaan weerklink van die dek en die sitkamer tot die restaurante en teater van die skip. Kom baljaar boonop op die wit seesand van die Portugese Eiland saam met Maroela Media op die Super Sokkie-bootreis.
Vroue in Beweging: Hoe leer ʼn ma haar dogters om goeie vroue te wees?
“Ons as mammas is nie perfek nie, maar moet streef daarna in God se genade om deur ons gebrokenheid ons dogters goed groot te maak.”
Klankgolf 2024
Verlede jaar is Maroela Media se Klankgolf-radioseminaar aangebied ná twee jaar se afwesigheid as gevolg van die Covid-19-pandemie. Ons is baie opgewonde om aan te…
Aanlyn werkswinkel kan help om jou onderneming in die nuus te kry
Is jou bemarkingsbegroting beperk? Wil jy meer mediablootstelling vir jou kliënte, besigheid, organisasie of projek gee? Is jy onseker oor hoe jy met joernaliste kan skakel om jou besigheid in die nuus te kry? Dan is Skryfnet se aanlyn oggendwerkswinkel, Skryf ’n mediaverklaring, jou antwoord.
Sonneblomkind
Kinders is ʼn kwesbare deel van ons samelewing – hulle kies nie in watter huis of in watter omstandighede hulle grootword nie. Soms verg dit net ʼn klein bydrae tot kinders se lewe om vir hulle ʼn brug te bou na beter omstandighede.
Laat jou skryfwerk jou gemeenskap verander
Is dit vir jou belangrik om nuus oor jou plaaslike gemeenskap met die land te deel? Wil jy stories vertel wat vir jou dorp, skool of gemeente belangrik is? Wil jy graag skryf oor die gebeure, sake en interessante mense in jou gemeenskap? Kom leer dan hoe met ons Skryf vir Gemeenskapsmedia-kursus.
Skryf gedigte wat harte raak
Die “Skryf ʼn gedig”-kursus is geskik vir enigiemand wat graag met woorde en verse wil woeker, ongeag van hoe ervare jy op dié gebied is.
ʼn Werkswinkel vir skoliere wat wil skryf!
Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere is ʼn praktiese en prettige eendagwerksessie vir leerders tussen 12 en 18 jaar oud. Dit word aangebied deur die gewilde jeugverhaalskrywer Christien Neser. Kinders wat passievol is oor skryf, sal baie waarde kry uit die werkswinkel.
Piekniek in die Liedjietuin saam met Die Wyndigters
Kom hou piekniek in die FAK-Liedjietuin saam met Die Wyndigters, Deon Meiring en Jako Meyer. Woon dié besonderse geleentheid by saam met Van Loveren-wyne en Maroela Media. Bring jou geliefde of jou vriende, en kom geniet ʼn aand in die mooiste tuin onder die sterre waar digkuns, musiek en goeie wyn ontmoet.
Vroue in Beweging: Geestelike voorbereiding vir trou
Baie maal leef jy jouself so in hierdie sprokiesverhaal van jou troudag dat jou lewe na die troue skoon teleurstellend kan wees. Ander word ontnugter omdat hulle gedink het dat die huwelik ʼn rehabilitasie sal wees van al die slegte gewoontes.
Skenk ’n skooltassie, gee ’n toekoms
Die Skooltassie-projek is ’n voorbeeld van hoe ’n klein gebaar ’n groot verskil kan maak in die lewens van kinders wat dit die nodigste het. Deur ’n tassie te skenk, gee jy ’n kind die geleentheid om gelyk weg te spring met die res van sy of haar skoolmaats en ’n beter toekoms te bou.
Waar was Wouter nóú weer?
Het jy gewonder waar Wouter, Weet se leergierige uil, hom die afgelope ruk bevind het? Lees meer oor hoe Wouter sy lyf lewensredder gehou het en selfs in die sneeu in die Franse Alpe gaan kuier het.