Die uitnodiging was eenvoudig: Wil jy saam met Kingsley Holgate die tweede deel van die ekspedisie begin? Ek’t in ʼn oogwink geantwoord sonder om die fynskrif te lees.
Alles deur die skrywer Brendon Staniforth
Wilder as wildtuin
As jy dink Simba kan brul of byt – dan het jy nog nie met ʼn Mercedes-AMG A45S te doen gehad nie.
Honda se reddingsboei?
Honda se spiksplinternuwe Elevate is ʼn groot B-segment sportnutsvoertuig en is heelwat goedkoper as die HR-V.
GWM se nuwe Tank
Tank is 4×4-voertuie met ʼn laestrekratkas en leerraamonderstel.
BMW se allerbeste?
BMW se iX1 is ʼn openbaring as dit kom by ʼn battery- elektriese voertuig (BEV).
Mening: Ons laat dié kinders in die steek
“As jy ʼn verskil in een kind se lewe kan maak, is dit die moeite werd – ongeag hoe klein daardie verskil is.” En dit is presies wat die Rally 2 Read-veldtog doen: dit maak ʼn verskil in die lewe van kinders wat dalk al te dikwels voel of hulle hopeloos versaak is.
Vuurvreter van formaat!
Die Renault Megane RS 300 Trophy is ʼn luikrug wat sportmotors van twee keer die prys ore kan aansit.
Sessilinder slaan ʼn ses
Mercedes-Benz het so pas die jongste opknapping aan sy GLE-reeks hier in Suid-Afrika bekendgestel. Maroela Media het gaan kyk hoe dit lyk.
Jimny word groot
Ons het almal verlief geraak op die klein drie deur, maar as gevolg van hoe onprakties hy is kon baie hom nie aanskaf nie. Ek voorspel dat daar honderde en honderde vyf deur- Jimnys elke maand sal verkoop…
Goed, beter, beste, Cruiser en nou 2.8-Cruiser …
Toyota Suid-Afrika het vandeesweek sy splinternuwe (ou) Land Cruiser 70-reeks aan die media bekendgestel.
ʼn Elektriese voertuig vir ongeveer R300 000?
GWM se intree-Ora kos wel om en by R300 000, maar dit is nou voor ons regering hul hande op hom kry.
Merc gee nuwe tree met GLC-koepee
Dis ʼn pragtige motor, die enjin is puik en die binneruim pragtig.
Skep herinneringe in dié bus
Indien jy in die mark is vir ʼn groot gesinsvoertuig, oorweeg beslis ʼn bussie. En hierdie een is tops. Pak alles van tien visstokke tot strandsambrele, ʼn ysmasjien én ʼn paar honger tieners. En kom terug huis toe met kosbare herinneringe.
Toyota bult sy (nuwe) spiere
Die motorvervaardigingsreus Toyota het Vrydagoggend egter sy planne bekend gestel en sommige van die skietgoed in sy arsenaal vir vanjaar gewys. En daar wag ʼn verstommende – en hopelik vooruitstrewende – jaar op Toyota én Suid-Afrika.
Ford pantser sy Ranger
Suid-Afrika kan maklik vir die Wilde Weste aangesien word wat betref veiligheid op paaie met transitorooftogte en kapings wat ongelukkig amper ʼn daaglikse verskynsel geword het.
Dít is ’n sportmotor
Daar bestaan amper glad nie meer sportmotors nie. Toyota se GR86 is wel só een.
Mahindra se vlagskipmodel
Dit is indrukwekkend om te sien waarheen Mahindra op pad is en die gehalte wat ons in die nabye toekoms in die laer modelle behoort te sien.
Desember-motorverkope: Toyota, VW gee pas aan
Kyk hier watter voertuie was die topverkopers in Desember.
Só sleep mens in styl
Toyota se Quantum VX Premium is die luuksste bus tans op die mark in Suid-Afrika. Dié sessitplek-weergawe het net vier uitskoprusbanke agterin, soos La-Z-Boy-stoele – elkeen elektries verstelbaar, verhit en met ʼn voetrus.
SA se duurste dubbelkajuite
Deesdae kry mens dubbelkajuitbakkies wat hul man kan staan teen die luuksste sportnutsvoertuie in die bedryf.