$10 000-beloning as jy vir hom ʼn meisie kan kry

Joseph Cohen (Foto: Facebook)

Joseph Cohen is bereid om $10 000 (ongeveer R140 000) te betaal vir enigiemand wat vir hom ʼn meisie kan kry wat uiteindelik tot ʼn verhouding van minstens vier maande lei. Hy bied ook $2 000 aan vir enigiemand wat hom voorstel aan iemand wat hom aan ʼn meisie voorstel.

Joe verduidelik hy het al talle hoogtepunte en laagtepunte in sy lewe beleef, en ondanks die feit dat hy gesukkel het met studies, het hy uiteindelik ʼn PhD verwerf. Hy het daarna besluit om ʼn suksesvolle onderneming te bou waar mense gehelp kan word, en wat vir hom ook ʼn goeie inkomste kan verseker.

Hy is nou 30 jaar oud en meen dit is tyd om ʼn langtermyn-lewensmaat te kry. “Ek dink nie ons is ontwerp om alleen te leef nie,” skryf hy. Hy het al talle afspraakwebwerwe tevergeefs probeer. “Ek het vroue op straat genader, ek het by kroeë en ander plekke probeer, ek het aan aktiwiteite deelgeneem en selfs geleenthede en Meetups bygewoon. Sonder enige geluk.”

Hy het begin oefen, ʼn nuwe kas klere gekoop, ʼn nuwe Mercedes Benz gekoop, en selfs meubels en tegnologie om sy huis op te kikker, maar dit het telkens die verkeerde tipe vrou gelok.

Hy het aanvanklik tussen 60 – 65 ure per week gewerk, maar die afgelope ses maande net 35 – 40 ure per week. “Ek wil nie 25 ure per week spandeer om iemand te soek met wie ek ʼn verhouding kan aanknoop nie. Ek wil dit eerder uitkontrakteer, indien moontlik.”

Enigiemand kan help om vir Joe ʼn maat te soek. “Ek hoef jou nie te ken nie. Jy kan hierdie inligting met jou vriende deel en jy sal die geld kry as ek uiteindelik ʼn verhouding met een van hulle aanknoop.”

Joe is gebaseer in die suide van Kalifornië, maar hy is gemaklik om ʼn vliegtuigkaartjie en akkommodasie te borg indien hy in iemand belangstel. Hy onderneem selfs om die persoon finansieel te ondersteun indien sy ʼn nuwe werk moet kry. Hy is ook bereid om te reis na waar sy haarself in die wêreld bevind – veral as dit ʼn plek is waar hy nog altyd self heen wou reis.

Joseph Cohen (Foto: Facebook)

Hoe lyk sy ideale maat? Dit moet iemand wees aan wie hy fisiek aangetrokke voel, en sy moet onder meer slim wees, pligsgetrou (bekwaam, betroubaar, bedagsaam) en goedhartig wees. Die persoon moet ook verkieslik tussen 20 en 30 jaar oud wees, verkieslik nie enige kinders hê nie, en gereed wees om ʼn langtermynverhouding aan te knoop. Pluspunte sal ook haar humor en selfvertroue insluit en dat sy gesteld moet wees op haar gesondheid. Sy moet ook nie materialisties wees nie en verkieslik Joods.

Jy kan meer van Joe hier te wete kom.

Wat moet jy doen?
Stuur jou profiel/skakel/Facebook-skakel na Joe se assistent [email protected] of laat die meisie hom direk op Facebook bevriend. Sy kan vir hom sê waar sy van hom te hore gekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

christa ·

gaan die man ooit kerk toe. As hy ‘n gelowige is kan hy bid en vir een vra. Jy kan nie n maat op straat gaan soek nie. soek in jou kerk iemand wat dieselfde waardes as jy het.

Elizabeth ·

In my kerk gaan hy net gryskop tannies kry.jonges is min gesaai in kerk deesdae.
Maar hys nog jonk..hoekom desperaat wees?

Albaster ·

Ek vermoed hy is Joods so my raai is nee, nie Kerk nie maar dalk na die Sinagoge.

Theresa ·

Baie netjiese persoon! Hoop hy vind al die eienskappe in een meisie EN geluk daarby.

Tess ·

‘n verhouding is soos swangerskap, hoe harder jy probeer hoe minder gaan dit gebeur. Bere al die agtergrond en gaan op vakansie waar niemand hom ken nie en wel sekerlik sal hy dan die LIEFDE vind. Hys beslis aantreklik genoeg. Mag die regte liefde hom vind

wade ·

Ek stem beslis saam,om te gaan soek vir n maat gaan die verkeerde maat lok…. maar wag geduldig jongman,Rome is nie in n dag gebou nie. Elke pot het sy deksel,goeie dinge neem tyd,en daars altyd n regte tyd en plek vir als in die lewe!

HA ha HA ·

Uitkontrakteur???? dieselfde om n meisie te gaan koop.
Hy sal baie beslis nie n boere vroutjie kry nie.
N man moet mos kan opstaan en self vrou soek en standpunt inneem.

Mev. STeyn ·

hy lyk vir my maar taamlik vol fiemies, aantreklik, maar dink baie vol fiemies. Stem saam met christa, gaan kry haar in die kerk of bid vir die regte maatjie. Jesus sal op die regte tyd die regte een stuur.

Pop ·

Chtista julle mense wat se gaan soek n vrou in die kerk. Ek lag vir julle. Kom tog by vrou. Wat doen n mens??. Gaan sit elke sondag agter in die kerk en dan kyk jy almal deur soos hulle inkom. Ek dog ons gaan kerk toe om n boodskap te luister.

Pop ·

Wel ek is spyt ek het nie n mooie dogter vir die man nie. Hys darem strelend op die oog. So wat van aantreklik en ken heel duidelik van aantrek.

Altyd so een ·

Baie naïef om te dink mens kry ‘n vrou in die kerk. Whatever. Verseker kan mens BID vir ‘n maat, maar die kerk is glad nie wat dit voorgee om te wees nie.

Andrea ·

Party mense is nog verknog aan hul kerk en trou gladnie graagvbuite hil kerkverband nie. So ja, hul kry hul huweliksmaats slegs binne kerkverband, by die kerk. Eks verbaas dat baie mense nie al hul eie oumas is nie.

Oumie ·

Ek stel voor hy bid. Die Skepper weet presies wat deksel Hy vir watter pot gemaak het. En Hy ken ál die harte. Nee, Pop, jy verstaan verkeerd. Nie ‘n vrou in die kerk gaan soek nie, maar vir God vra om Sy keuse van ‘n lewensmaat op jou pad te bring… Dit is ‘n onbeskryflik wonderbare gebeurtenis, mits jy bereid is om te wag op Hom en Sy tyd. Ons en ook ons kinders is so getroud. Die mens kyk na wat voor oë is, sê die Woord. Maar God sien die hart…

Skoene ·

Ek vermoed daai wit tekkies lok heel moontlik die verkeerde vroue.

Net so! ·

Liewe Boer!!!!!!!!!! Hoe dink ek nou terug aan my dae voor my man. . ‘n Pragtige ou tannie het hierdie einste woorde vir my gese want ek wou niks weet van enige man nie, ek wragtig ‘n maand later toe ontmoet ek onverwags my liefde van my lewe, my man. . . Ware woorde. . .

Suzie ·

Ai…. sommer by die eerste punt val ek uit die prentjie uit… :)

marianna ·

Hy het so baie reggekry maar vrousoek kan hy nie. Hy moet sy eise bietjie afbring want
hy wil ‘n volmaakte persoon hê en hulle bestaan nie. Stem saam met Justice ‘n jack russel vir hom, die sal hom beslis terug aarde toe bring

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.