11 aangekeer oor gesteelde chroom

(Foto: Arrive Alive)

Elf verdagtes is Donderdag in Witbank in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op chroom ter waarde van R5 miljoen.

Arrive Alive berig ʼn span van die Witbank-polisie, Witbank-misdaadintelligensie en beamptes van Transnet het omstreeks 15:00 ʼn visenteringslasbrief uitgevoer.

Vier kamers met gemynde chroom is op die perseel gevind. Die polisie het elf verdagtes in hegtenis geneem wat besig was om die chroom op ʼn vragmotor te laai.

Die aanvanklike ondersoek het bevind dat die verdagtes deel is van ʼn groep wat glo chroom van treine tussen Ferro Metals Witbank en Richardsbaai in KwaZulu-Natal steel en smokkel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Christine ·

Ek glo daar is nie meer plek in ons tronke vir al die misdadigers nie. Sug, iets anders moet gebeur om hulle te verminder en af te skrik van misdaad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.