Boek: Clint Eastwood van Wyk en die moordenaarsklok

clint-eastwood-van-wyk-en-die-boordenaarsklokPieter Verwey

Clint Eastwood van Wyk se Amerikaanse nefie Budde kom kuier vir drie weke. Hulle hele gesin gaan na die familieplaas in die Moordenaarskaroo. Op die plaas woon oupa Gammie en sy kleinseun, Kiewiet, wat die twee seuns oor jag en spoorsny inlig. Maar dan word die onmoontlike geleidelik waar:  ’n spookhuis, ’n versteende woud, ’n vloed, ’n oerskerpioen,  ’n lugskip, ’n Engelse lord, ’n verstommende Victoriaanse robot en ʼn moordenaarsklok…

Oor die outeur:

Pieter Verwey is ’n lektor in Kopieskryf en Kreatiewe Denke by Vega School of Brand Leadership in Johannesburg. As kopieskrywer in Kaapstad het hy ongeveer 50 internasionale advertensietoekennings gewen. Hy werk tans aan ’n Meestersgraad in Steampunk, vandaar die robot en lugskepe in Clint Eastwood van Wyk en die moordenaarsklok.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R140,00* 
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.