Boek:  Die donker geheim

Die_Donker_Geheim_CUM.jpgDee Henderson

Die FBI en die plaaslike polisie het Charlotte Graham se ontvoerders ná vier jaar opgespoor, doodgeskiet en haar bevry.

Maar sy het nooit ’n woord vir enigiemand gesê oor daardie vier jaar nie. Wanneer ’n verslaggewer besluit om ’n boek oor die ontvoering te skryf, moet Charlotte besluit of sy die stilte gaan verbreek wat haar familie vir jare beskerm het.

Bryce Bishop ken nie vir Charlotte nie, maar weet net sy het munte om aan hom te verkoop. Hoe beter hy Charlotte leer ken, hoe meer stel hy in haar belang. Maar haar verlede is ’n struikelblok wat haar selfs ’n reuse erfporsie sal laat prysgee.

Die donker geheim draai om ’n misdaad wat die polisie gedink het opgelos is, maar nou net die begin van ’n nuwe hoofstuk blyk te wees …

Oor die outeur:

Dee Henderson is die outeur van verskeie topverkopers, waaronder die hoog aangeskrewe O’Malley-reeks. As ’n toonaangewende skrywer van inspirerende romantiese spanningsverhale is haar boeke al vir verskeie toekennings benoem en met toekennings bekroon, onder andere die RWA se Rita Award, die ECPA Gold Medallion, die Holt Medallion, die National Reader’s Choice Award en die Golden Quill. Dee woon in Illinois. Besoek deehenderson.com.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R189.95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.