Boek:  God van wonders

God_van-Wonders.jpgAngus Buchan

God van wonders deur Angus Buchan is propvol getuienisse wat die goedheid en genade van God in die lewens van gewone mense weerspieël.

Die boek deel wonderlike verhale van gebede in verskillende situasies wat beantwoord is – van verlossing en bevryding, genesing, voorsiening en ongelooflike geleenthede tot bekering.

Net soos Jesus in die Bybelse tyd wonderwerke gedoen het – nie om Homself te bewys nie, maar omdat Hy ontsaglik lief was vir die mense om Hom – doen God vandag nog wonderwerke. Die 40 ware verhale wat Angus oorvertel in God van wonders sal lesers opnuut laat nadink oor God se ongelooflike krag. Die boek word ook afgerond met persoonlike getuienisse.

God is ’n God van wonderwerke en God van wonders vertel wat Hy in staat is om te doen in die lewens van gelowiges wanneer hulle hul geloof en vertroue in Hom plaas.

Oor die outeur 

Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.

Uitgewer: Cum-Uitgewers
Prys: R149,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.