Boek: Goeie genade – is dit dan genoeg?

Goeie-genade-is-dit-dan-genoeg.jpgDirkie Smit

Die manuskrip is ’n versameling van uitgesoekte stukke uit die rubriek “Geestelike Waardes” wat hy reeds vir byna twee dekades elke Saterdag in die dagblad Die Burger behartig, ná sy voorgangers Ferdinand Deist en nog vroeër W D (Willie) Jonker.

Die genre is dié van meditasies, dit wil sê bepeinsing oor een spesifieke tema, gedagte of vraagstuk. Die aard van die vrae is meesal lewensbeskoulik en dit word meesal verwoord aan die hand van ’n bekende figuur uit die geskiedenis, ’n klassieke werk of korpus van werk, óf ’n invloedryke hedendaagse werk, uit die filosofie, letterkunde of wetenskap in ’n breë, interdissiplinêre sin. Die bedoeling is daarmee om nie bloot (kontekslose) aanhalings te gebruik van bekende figure (soos wat dit in vele vorme op die web of in boeke beskikbaar is nie), maar om die betrokke persoon of bron self aan die woord te stel en lesers boonop die kans te gee om self verder daarop in te gaan, indien dit hulle sou interesseer.

Oor die outeur:

Dirkie Smit is ’n dosent by die Fakulteit Teologie by Stellenbosch Universiteit. Hy was vroeër ’n predikant in die gemeentelike bediening en het daarna lank by die Universiteit van Wes-Kaapland klas gegee, asook as genooide besoekende professor by verskillende buitelandse universiteite. Hy is die studieleier en mentor van talle figure wat daarna bekendheid sou verwerf in die kerk, die akademie en die openbare lewe. Hy tree dikwels op as gasheer vir besoekende dosente en navorsers en skryf self ook gereeld, sowel akademies as populêr, tree dikwels op uitnodiging op as spreker, tydens konferensies, sinodes en kursusse, en het al bekende lesingreekse en openbare toesprake gelewer, in verskillende lande.

Uitgewer: Naledi
Prys: R189-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.