Boek:  Jou God is hier!

Jou-God-is-hier.jpgJohan Smit

Het jy al ooit gewonder waar God is en of jy heeltemal alleen is? Johan Smit bring in Jou God is hier! vir lesers die onbetwisbare versekering dat God áltyd by hulle is.

Hierdie dagboek sal lesers in elk van die 366 dagstukke verseker dat hulle nooit hoef te twyfel oor God se teenwoordigheid nie. Temas wat Johan aanraak, sluit in sleutelwoorde van geloof, groeipunte in ’n Christen se lewe en jou God is hier.

Die dagboek sluit ook af met ’n handige teksregister.

Jou God is hier! sal lesers bemoedig op die pad wat hulle stap en hulle elke dag laat rus in God se nabyheid.

Oor die outeur

Johan Smit was predikant in die NG Kerk-gemeentes Wynberg, Bellville-Oos en Helderberg. Johan was ook vir baie jare ’n aktiewe medewerker by die Kerkbode en Lig. Hy is getroud met Nina en hulle woon in Somerset-Wes.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R189,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.