’n Inkleurboek met ’n verskil. Waar inkleur gewoonlik ’n aktiwiteit is wat klein kindertjies ure lank besig kan hou, verskuif die fokus hier na ’n ander teikengroep – gespanne en bekommerde volwassenes. Behalwe dat inkleur stres verminder, span baie terapeute ook kunsterapie in. Dié prettige boek met sy 128 bladsye vol van die mooiste ontwerpe sorg vir ’n inkleurervaring wat jou nie net na ’n ander wêreld sal meevoer nie, maar ook die kreatiewe siel in jou na vore sal bring. Dis ’n wonderlike manier om die tyd te verwyl terwyl jy vir die kinders of die dokter wag – of sommer alleen by die huis vir jou daaglikse ek-tyd.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R125-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Ek sal graag so n boek wil hê. En as ek dit geniet, sal ek beslis die woord versprei.
Waar kan ek hierdie boek koop?
Dagsê Belinda
Die boek sal by enige goeie boekhandelaar beskikbaar wees.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
WAAR KAN EK KREATIEWE INKLEURBOEK VIR GROOTMENSE KOOP.
Ek is betrokke by ‘n huis vir bejaardes op die platteland. Die inwoners wil graag inkleur.
Van waar af kan ek die “Kreatiewe inkleurboek vir grootmense” of is daar uitgewers vanwaar ek dit kan bestel?
Dagsê Cecile
Bestel gerus die boek deur NB Uitgewers: http://www.nb.co.za/Books/17585
Groetnis
Suné
nms Maroela Media