Boek: Labarint

Labirint_cover-proof2.jpgCharnette Paul

Sy gaan ophou vlug van haar eksman en haar verlede. Dit besluit skilder Vasti de Leeuw toe haar meenthuis gevandaliseer en ‘n besending skilderye vernietig word. Maar om die verlede te trotseer op Leeuwendrift waar sy as verworpeling grootgeword het, is egter nie so maklik nie, en met die hede vaar Vast nie veel beter nie. Skaars ‘n week nadat sy in die verwaarloosde oewerhuis ingetrek het, gebeur snaakse dinge: ‘n inwoner van De Koppe sterf in verdagte omstandighede en sy is nie die die laaste slagoffer nie. Vasti besef gou dat alles met haar verband hou en die net trek al nouer om haar. Om die geheimenisse van die hede te ontsluit, moet sy die minotaurus in die doolhof van die verlede aandurf. En die laaste ding wat die moordenaar kan toelaat, is dat Vasti die doolhof vereenvoudig tot ‘n labirint…

Oor die outeur

Chanette Paul is in Johannesburg gebore. Sy publiseer sedert 1995 gereeld liefdes- en spanningsverhale, en deesdae veral verhale wat die twee genres vermeng. Haar Wip van die droomvanger (1999) en Leila word lig (2006) is gekortlys vir die ATKV-prosaprys. Sy woon in die Overberg.

Uitgewer: Queillerie
Prys: R275,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.