Boek: Sanri Steyn – Die spookmeisie van Raaiselfontein

Sanri-Steyn-4-Die-spookmeisie-van-Raaiselfontein.jpgTheresa van Baalen

Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein.

Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaisel-fontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met ’n spookmeisie – en sy het hulle hulp nodig.

Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies sal seuns en meisies vasgenael hou!

Die spookmeisie van Raaiselfontein is nommer 4 in die Sanri Steyn-reeks.Die ander titels is Doktor Zombos se geheime formule, Die aliens oorkant die straat en Die seun met die superkat-kragte.

Oor die outeur

Theresa van Baalen woon op Port Nolloth saam met haar man, Cobus, en twee seuns, Jannes en Mikhael. Haar eerste twee prenteboekpublikasies, Aspris-krokkedis en Karla Krullebol, is albei met ATKV-Kinderboektoekennings bekroon. Aspris-krokkedis het ook in 2012 die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur ontvang.

Oor die illustreerder

Johann Strauss woon in Pretoria en is een van die veelsydigste en mees bekroonde kinderboekillustreerders in Suid-Afrika. Hy het die ATKV-Kinderboektoekenning ontvang vir Professor Fungus en die skrikwekkende Snotzilla en vir Reënboogfeetjie se spesiale dag.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R89,99*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.