Irma Venter
Afgetrede polisieman Jaap Reyneke vra Sarah Fourie, ’n rekenaargenie met ’n kriminele rekord, om die raaisel rondom die dood van sy peetdogter, Janien Steyn, op te los. Janien was op die oog af geliefd, ’n suksesvolle kunstenaar met ’n slag vir besigheid, en op die punt om met haar universiteitsliefde te trou. Was dit selfdood of moord? Waarom is die toneel om haar liggaam so sorgvuldig, amper kunstig, gerangskik? En hoekom is haar rekenaar se geheue voor die tyd so sorgvuldig skoongevee?
Oor die outeur:
Irma Venter is ’n joernalis by ’n mediamaatskappy in Johannesburg, waar sy in handel en nywerheid spesialiseer. Sy fokus meestal op die motorbedryf. Sy het al verskeie toekennings gekry, onder andere drie Pica-toekennings as handel- en nywerheidskrywer van die jaar.
Reis is haar passie, en sy het al ongeveer 30 lande besoek. Sy werk hard daaraan om die syfer so vinnig as moontlik te laat styg. Mongolië, San Francisco en Mali is nog op haar lys om te verken. Gelukkig laat haar werk haar toe om gereeld te reis.
Sy hou van nuwe plekke, lughawens, woestyne, labradors, produkte wat in Suid-Afrika gemaak word, mense wat nog die moeite doen om kos te maak, lente en herfs, goeie whiskey, goeie koffie en goeie sjokolade, en nie noodwending in daardie volgorde nie.
By Human & Rousseau het verskyn:
Skoenlapper (2012)
Skrapnel (2013)
Sondebok (2014)
Koop Skarlaken hier.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R230-00*
*Prys onderhewig aan verandering