Boek: Stukke teater

stukke teater

Pieter-Dirk Uys

Hierdie bundel bevat vyf van Pieter-Dirk Uys se Afrikaanse dramas wat by verskyning aandag getrek het oor Uys se satiriese uitbeelding van en kritiek op die apartheid-stelsel, naamlik Selle ou storie, Karnaval, Die Van Aardes van Grootoor, Panorama en die Die vleiroos. Die selle ou storie en Karnaval is destyds deur die Publikasieraad verbied.

Oor die outeur:
Pieter-Dirk Uys het 20 dramas en meer as 30 revues en eenmanvertonings geskryf en opgevoer in Suid-Afrika en die buiteland, onder meer Adapt or Dye, Evita for President, en Foreign Aids. Hy het in verskeie televisieprogramme verskyn oor die jare. Hy is ook die skrywer van boeke soos Elections and Erections, Evita’s Kossie Sikelela en Never too Naked. Sedert 2000 het Uys al 1.5 miljoen skoolkinders, gevangenes en hervormingskole besoek om VIGS-bewustheid deur vermaak te bevorder. Hy het al menige pryse ontvang, insluitend Suid-Afrika se waarheid- en versoeningstoekenning in 2001. Sy alter-ego, Evita Bezuidenhout, het die Living Legacy 2000-toekenning ontvang in San Diego, in die VSA.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R280-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.