Luister na die gedig: Bitterbessie dagbreek

Ingrid Jonker

Ingrid Jonker

Ingrid Jonker (1933 – 1965)

Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
‘n spieël het gebreek
tussen my en hom

Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af

Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed

Papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry

Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Retha ·

Ek kry skoon koue rillings van lekker kry en herhinneringe…… Ek sien weer my Afrikaanse juffrou, Amanda Joyce, mooie lang slanke vrou wat met een kyk ‘n hele skoolsaal kon stilkyk. Sowat sjarme! Sy het my liefde vir Afrikaanse gekweek, gese jy’s g’n te jonk om Konsalik te lees nie-laat jou maatjies maar Saartjie en Trompie lees, jy is lankal klaar met hulle. Om hierdie gedig te kon voordra het my tone gekrul van lekkerte. Ek onthou sy het gese die lente is hier as die Affodille blom dan sit sy so ‘n bossievol in ‘n vaas op haar tafel.

Leon ·

Wraggies nie geweet dis die gedig wat Theuns Jordaan so mooi sing nie!!
Dankie Ingrid en Theuns. ..

Strussbob ·

Dis jammer dai einste dierbare onderwysers het nie apartheid teengestaan nie .

Ansie Geldenhuys ·

Goeie Afrikaans in goeie gedigvorm – wat ‘n voorreg om te lees (en te hoor)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.