Uitdrukking:
In die bres tree
Betekenis:
Om iemand te verdedig of te ondersteun
Waar kom dit vandaan?
In die ou dae toe stede nog met mure omring was, was dit vir invallende soldate belangrik om ‘n bres (gat) in die muur te slaan waardeur hulle dan kon ingaan. Iemand (‘n baie dapper soldaat) moes dan in die gat (bres) gaan staan (tree) om die stad teen die aanvallers te verdedig. (Vandag is dit natuurlik nie naastenby so gevaarlik om vir iemand in die bres te tree as toentertyd nie! Jou kanse om nou so ‘n in-die-brestreeëry te oorleef, is veel beter as toe.